Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on June 01, 2011, 08:45:39 AM
		
			
			- 
				'n Gediggie wat Assie nog geskryf het en my na aan die hart leg.
 
 Langkloof Padkos
 
 Bergvoetplooie soos groen karos
 se liefkosing wat my omvou
 en my vertroetel in die nou.
 wil my vaster hou en nooit laat los.
 
 Langs waterstroompies onder loof
 rus my siel in gras omring
 waar geveerdes vrolik sing,
 stilte stadsgeraas uit gedagtes doof.
 
 In die Langkloof het my hart verdwaal
 agter steenbok in die klowe aan
 tussen skerpioen en bobbejaan
 het die kloof se wekroep my kom haal.
 
 Hier is ek tevree
 Kan ek leef
 Kan ek wees
 Rustig en gedwee
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				 :toothy4: Dit mooi. JyAssie kan altyd so mooi skryf.
 
 :angel12:
- 
				Dit is nogal 'n skel wekroep daardie.  Ek wil bosveld toe!  Maar eers Kaap toe, by die langkloof verby!  
 
 Ag ek wou nog sê...  Assie se titel is pragtig.
- 
				heerlike lekkerlees gedig en onthoue van die langklooflewe wat sy met ons gedeel het.
 
 :grommit:
 
 
- 
				Dankie Adele. Sy het dit geniet om ongedeerd te skrywe.
 
 PM jy is reg. Julle het net Assie se verkeerde kant gesien maar sy het mooi titels gehad.  :angel3:
 
 
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				Eintlik het ek vir Assie totaal misgeloop.  Sy het haar verskyning gemaak in ons "donker dae" toe die dood se septer oor ons kop gehang het.  Dit sal gaaf wees as jy nog 'n paar van Assie se "mooikant" wil kom wys.  
			
- 
				Lag ek nou eers vir Assie se mooi titels.  Soms is ek op Uranus, my eie planeet.   :icon_biggrin:  Ek het na iets kom soek, toe lees ek dit raak.   :icon_biggrin:
			
- 
				Langkloof IS padkos.
 Kan 'n laaaang uitgestrekte stuk pad wees as jy al moeg gery is.
 
- 
				Ek het altyd gewonder waar kry mense die tyd om grappies uit te dink.  Dit gebeur as jy deur die Langkloof ry.  :icon_biggrin:
			
- 
				..of in die Brederiviervallei..