Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on June 01, 2011, 08:29:31 AM
		
			
			- 
				Jou gryskop hare sproeiend in die wind
 terwyl jy onkeerbaar oor die water kom,
 huppel jy baldadig soos ‘n kind
 En breek dreunend met die slag van ‘n trom.
 
 Uit niks word jy gebore,
 deur niks laat jy jou bind.
 So stoomroller jy na vore
 Jou gryskop hare sproeiend in die wind.
 
 Ek wag en hou my asem op.
 Jy raas maar ek staan stom,
 wagtend vir jou om my om te dop
 terwyl jy onkeerbaar oor die water kom,
 
 Jy weet jy is vir my te veel,
 Jou sagte water is my goedgesind.
 Omdat jy weet dat ek wil speel
 huppel jy baldadig soos ‘n kind.
 
 As jou skuim spattend oor my blom
 huppel jy baldadig soos ‘n kind,
 terwyl jy onkeerbaar oor die water kom,
 sproei jou gryskop hare in die wind.
 
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				Dis wragtig pragtig.
 
 Jou woorde laat my sien, al is dit so koud vandag, wil ek saam met jou in die son baljaar, en my soos 'n kind gedra.
 
 :angel12:
- 
				Dit is pragtig Naas.  Lyk vir my na die Tru-vers?   
 
 Ek is mal oor   Jou gryskop hare sproeiend in die wind
- 
				Dit is so mooi ek wil dit oor en oor vir myself voorlees!!  Boektoe-gehalte skryfwerk hierdie Naas  :book1: :notworthy: