Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Maruis se plek => Topic started by: Marius on July 09, 2013, 07:44:11 PM

Title: Bundel insetsels Marius Buys - Eros
Post by: Marius on July 09, 2013, 07:44:11 PM
Eros

Jy kleur liefde in met fluisterwoorde,
neem my,
'n gewillige gevange,
in vervoering,
jou bestemming - ons heelal,
deur betowerde geografie
sweef ek gewigloos,
geometries in harmonie,
ons wentelbaan gekarteer,
simbolies, klassiek,
in mekaar gereïnkarneer.

Marius Buys & MB
Title: Re: Bundel insetsels Marius Buys - Eros
Post by: Fransi on July 10, 2013, 07:14:35 AM
So mooi geskryf.