Eros
Jy kleur liefde in met fluisterwoorde,
neem my,
'n gewillige gevange,
in vervoering,
jou bestemming - ons heelal,
deur betowerde geografie
sweef ek gewigloos,
geometries in harmonie,
ons wentelbaan gekarteer,
simbolies, klassiek,
in mekaar gereïnkarneer.
Marius Buys & MB
So mooi geskryf.