Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Maruis se plek => Topic started by: Marius on July 09, 2013, 02:20:17 PM

Title: Bundel insetsels Marius buys - Uit die graf van Afrikaans
Post by: Marius on July 09, 2013, 02:20:17 PM
Uit die graf van Afrikaans

So seker soos die styg en val van see,
soos winter wat aan lente oor moet gee,
staan ek steeds op.
Skryf maar my taal in jou geskiedenis in
met bitter en verdraaaide leuns.
Vertrap my in jou kultuur-modder in
maar steeds soos stof slaan ek op.
Laat my arrogansie jou onwel? 'n Kwaal? 'n Kwel?
Verkies jy my gebroke?
Kop omlaag en oë gedwee?
Skouers wat hang? 'n Slawesang?
Nee.
Met my stap hoogdrawend
en my kop omhoog
my lag uit die maag,
met kleure van 'n hele héle reenboog:
grou ek steeds, vir goud, in ons grond!
Moor my maar met woorde,
skiet my met vonke uit jou oë,
kapmes my oop met haat -
maar steeds styg ek,
soos lug,
op.
Deur gerugte van vrede,
uit die pyn van die hede,
ten spyte van vergrype,
ter wille van die toekoms,
oor die grond van ons álmal se voorvaders,
in die breek van 'n nuwe dag,
stýg ek,
op,
en op
ên op!

Kopiereg Marius Buys 2013
Title: Re: Bundel insetsels Marius buys - Uit die graf van Afrikaans
Post by: Fransi on July 10, 2013, 07:43:08 AM
Sjoe, hierdie is regtig puik geskryf.

Kunstenaars (van al die kunste)  was altyd en sal seker vir ewig die mense wees wat die geskiedenis (hulle hede) vasvang, sosiale kommentaar lewer op 'n wyse wat opbouend is of kan wees. Ons skep skoonheid, selfs en dalk juis oor dinge wat swaar druk. Ek weet nie of ek myself nou verstaanbaar uitdruk nie, maar dit laat my dink aan een van Ruben se skilderye wat eintlik 'n geskiedkundige gru-verhaal, stryd, dood, geweld uitbeeld, maar wanneer 'n mens daarna kyk laat dit trane in 'n mens se oë, omdat dit majestieus is. Beeldskoon. En 'n mens ten spyte van die tema, hoop en verwondering ervaar.
Title: Re: Bundel insetsels Marius buys - Uit die graf van Afrikaans
Post by: Jeannedarc on July 10, 2013, 10:43:22 AM
ek hou baie hiervan - baie goed geskryf
Title: Re: Bundel insetsels Marius buys - Uit die graf van Afrikaans
Post by: PM on July 10, 2013, 01:31:31 PM
Dit is besonders geskryf Marius.   :icon_salut:
Title: Re: Bundel insetsels Marius buys - Uit die graf van Afrikaans
Post by: Angelica on July 13, 2013, 11:28:55 AM
Mooi stuk werk, Marius.