Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Trappies se plek => Topic started by: Trapsoetjie on May 31, 2011, 12:29:55 PM

Title: Bitter-soet oggend dou
Post by: Trapsoetjie on May 31, 2011, 12:29:55 PM
Bitter-soet oggend dou

Trane wat loop oor wange van die hemel.
Donderweer wat in die agtergrond rammel.
Maak my hart heel, wat jy steel ~

Met die pyn wat ek binne my het, sien ek jou wegloop,
deur die gaping verdwyn, los jy die deur oop ~
Soet water druppels op my lippe.

Vroeg oggend dou
wat liggies om my toevou
is die wete, van jou terugkeer.

©
 :angel12:
Title: Re: Bitter-soet oggend dou
Post by: PM on June 01, 2011, 04:54:13 AM
Mooi Trappies.  Jy is flink aan die skryf matertjie.  Hou daai pen vol ink!   :hello2: