Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on July 05, 2013, 07:51:07 AM
-
jy het my hart in jou hand gevat,
my wese met heuningwoorde bedruip,
spyse van al tien gebooie
met moedersmelk in my keel afgedruk
gedwee wurg ek aan droƫ korse,
aanvaar aalmoes happies uit jou hand,
plaas my kind se erfdeel
op altare uit jou moederskoot,
vir wat?
'n ander kind slaap in my wiegiebed
sy appels in jou uitstalbak,
my kombers sy josefskleed,
en ek?
ek skuil agter 'n goudgeel boom
vang vlieƫ wat op my gedagtes sit
-
Dit is baie mooi, ek lief dit. :love7:
-
Besonderse beelde. Goed geskryf.
-
i read this and then i read it again and again - subtle pain and emotions just explode into ones senses. very good
-
Stom stom stom. :notworthy: :icon_salut: :book1: