Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Trappies se plek => Topic started by: Trapsoetjie on May 31, 2011, 10:43:24 AM

Title: Valkenburg
Post by: Trapsoetjie on May 31, 2011, 10:43:24 AM
Valkenburg

Kleine dorpie Valkenburg

Waar grotte dwaal
Wegkruip op groter skaal

By die murasie van die 12de eeu se kasteel
Ons twee saam, jare terug, kan ek my verbeel

Koninklike paleis wat uit die ashoop verrys
Is pilare sigbaar en wandel paadjies
waar verliefdes ure lank saam kan spandeer

By die Berkelpoort het ek geweet dat ek by jou hoort
Daar waar ons voetspore verander in liefdes akkoorde


Ons dorpie Valkenburg.

©

 :angel12:
Title: Re: Valkenburg
Post by: Naas on May 31, 2011, 11:24:34 AM
Ek het iets heel anders verwag.
Valkenburg is vir my gelyk aan die groendakkies waar die Koekoo's bly. Hie hie
Nogtans pragtig.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Valkenburg
Post by: Trapsoetjie on May 31, 2011, 11:27:22 AM
 :icon_biggrin: Het gedink dit sal,  :icon_biggrin: dis 'n pragtige dorpie in Nederland waar ek en Oma was. Ek is mal oor die plekkie. Sal wat gee om langer daar te kon vertoef. Dit het soveel geskiedenis.

Dankie Naas  :toothy4:

 :angel12:
Title: Re: Valkenburg
Post by: PM on June 01, 2011, 04:49:42 AM
Baie mooi Trappies.  Die atmosfeer wat jou  gedig skep is treffend. 

Ek dink die woorde is  "koninklik" en "akkoorde"? 

 :love7:      :bootyshake:
Title: Re: Valkenburg
Post by: Trapsoetjie on June 01, 2011, 08:42:18 AM
Dankie my liefste maatjies.

Ek het reggemaak dankie PM.

As ek moet skaaf aan enige van my werkies, sal ek oop wees vir voorstelle ook. Ek is hier om te leer.... :icon_scratch: Shame ek is nou nie so 'n rebel soos Naas se Bengeltjies nie, maar my grysstoffies is geroes.  :toothy4:

 :angel12:
Title: Re: Valkenburg
Post by: PM on June 01, 2011, 10:17:57 AM
Die gediggie self is pragtig dankie Trappies.  Ek sien weilande groen gras waar daar nie woorde is wat dit beskryf nie.   :icon_biggrin:
Title: Re: Valkenburg
Post by: Jeannedarc on June 01, 2011, 02:20:34 PM
Hi Trappies

ons het nog nie ontmoet nie - aangename kennis. ek hou nogals van jou gedig, it's quite descriptive and I can see the castle and the grottos. mooi geskryf. O ja Naas die psigiatriese hospitaal is Valkenberg en in Kaapstad  :angel12:
Title: Re: Valkenburg
Post by: Trapsoetjie on June 01, 2011, 03:23:20 PM
Aangenaam. Ontmoet sal ons nog seker, eendag.

Baie dankie.

 :angel12:
Title: Re: Valkenburg
Post by: PM on June 02, 2011, 09:10:43 AM
Ek het julle vrot beskinner by Natalie.   :icon_biggrin:   Wens ek kon haar in my tas pak en saam sleep.   :icon_biggrin:


Title: Re: Valkenburg
Post by: adele on June 08, 2011, 07:12:50 PM
pragtig vertel, ek het daarna gaan soek op internet en het die mooiste dorpie gevind, al is ek nie seker waar watter gebou is nie, bly dit nog lekker om te soek.

 :grommit: