Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Trappies se plek => Topic started by: Trapsoetjie on May 31, 2011, 10:27:13 AM

Title: Seisoene sweep!
Post by: Trapsoetjie on May 31, 2011, 10:27:13 AM
Seisoene sweep!

Gordyn water val voor my neer,
takke swaai heen en weer.
Grou grys val om my heen.

Bibber koue vou sy arms om my.
Bewerige blou lippe glimlag bly..
Soos die golwe haar nader roep

Wit perdjies ry die grys water,
ewe kordaat hul eie reisigers.
Vlammende oë loer na ewigheid.

Oop getrek na die roep van ‘n applous.
‘n Oorverdowende sluier word gelig,
skaam probeer ek weer my kop oplig

Nuwe dag wat vir my wag!
Het ek die nodige krag,
om die storms binne my te antwoord!
Title: Re: Seisoene sweep!
Post by: Naas on May 31, 2011, 11:21:56 AM
Ek hou van die een. Mooi werk my suutjiestrap vriendin.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Seisoene sweep!
Post by: PM on June 01, 2011, 04:37:23 AM
Dit klink bibberend koud en nat daar binne matertjie.  Hier is soveel om aan te dink in jou gedig.  Dankie vir die deel daarvan. 
Title: Re: Seisoene sweep!
Post by: Fransi on June 17, 2011, 08:23:43 AM
 :hello:

Soos PM sê kry ek ook nou ewe skielik ekstra koud. Mooi geskryf.