Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Maruis se plek => Topic started by: Marius on June 27, 2013, 11:18:23 AM
-
Afrika-kind, adieu
Hy is weg,
hy is weg,
fluister die wind.
Ja ons weet,
ja ons weet
roep 'n uil oor die Afrika-kind.
Laasnag,
laastenag,
toe die heldermaan skyn.
Laasnag,
laastenag,
het sy asem gekwyn.
Weet hulle al?
Weet hulle al
van hulle vader se val?
Vra 'n raaf
wat die feite wil staaf.
Vanaand op die nuus
op die nuus,
sĂȘ die geheim met sy donkere nuus.
Dan sal die gerug ophou loop,
ophou loop.
Vanaand sal almal weet
en ophou met hoop.
Stil broers...
'n ikoon gaan verby.
Die rou het begin
vir jou en vir my,
oor die Afrika-kind,
sy tyd is verby,
en tog leef sy bewind.
Hamba khale Tata,
ons hoor jou stem in die wind.
Kopiereg Marius Buys
-
Pragtig geskryf Marius. :icon_salut: Ons het die nuus uit NZ ontvang dat Madiba oorlede is, maar BBC news hou vol dat dit nog het einde is niet.
-
Mooi gedoen, Marius.
-
Besonders geskryf.
-
Hier het ek kom lees en sonder woorde beweeg ek in groot waardeering en bewondering voort