Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on June 23, 2013, 05:49:18 PM
-
.. in die Kaap. Netsoveel as in die hele Namibia.
En ek moet alleen gaan ontbyt eet.
Kyk, ek laat niks in my pad staan as ek iets wil doen nie. Of nie doen nie, beweeg jy my nie.
Maar, dit is nie altyd lekker om alles alleen te doen wat lekkerder sou wees saam met iemand waarmee jy kan gesels...
Rondom my was daar soveel mense wat alleen by 'n tafel sit en in stilswye ontbyt eet en koffie drink.
Ongelukkig het ek nie papier by my gehad om my gedagtes neer te skryf. Nou is dit alweer kopuit. :icon_scratch:
-
ek het al gewonder wat sal mense se reaksie wees as jy in so situasie sommer by een wat vir jou gemoedlik lyk, gaan sit en sĂȘ, ek is hier om te eet en jy is hier om te eet en dis nie lekke rom alleen te eet nie.
-
Dit het al soveel keer met ons gebeur dat ons iewers iets gaan eet en 'n geselsie met die ouens langs ons aanknoop, en voor jy weet stap julle "dik" en dik vriende daar uit. Ek weet net nie of dit so maklik sal wees as 'n mens alleen is nie.
Ag matertjie, ek wens ons was daar naby dan het ons gereeld saam gekuier.
:violent1: :BangHead: Julle kan so maklik saam kuier, dit is tyd dat ek weer Kaap toe kom!
-
Ek moet dalk volgende keer die tamatiesous onder die tafel wegsteek en my bord langsaan vat en gaan bedel by die enkelling.
Dan praat ek so baie en begin staan-staan eet...
Ja, kan werk.
-
:icon_biggrin: Ek sien jou al. :icon_biggrin: Probeer dit en laat weet ons of dit werk. :love7: