Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on June 23, 2013, 08:48:24 AM

Title: Bejoeks en Bejoos...
Post by: Angelica on June 23, 2013, 08:48:24 AM
Kom ek op twee woorde af vanoggend:

Vanaf RapportWeb:
Op Upington kry jy 'bejoekse' inwoners... Huh, wat sou dit beteken?

En dan in die woordeboek (oeroue) terwyl ek so soek, die volgende:  
'bejosie' - Beteken om deur die duiwel besit te word.  
(Call my 'Josie'.  My Ma het altyd gese ek is van die duiwel besete as ek 'n vloermoer gooi as die klomp seuns (vier) my so karnuffel.)

Title: Re: Bejoeks en Bejoos...
Post by: PM on June 23, 2013, 03:09:32 PM
Bejoeks?  Nog nooit daarvan gehoor nie en my HAT het ook nie.  Hy ken nie eers die woord "bejosie" nie.  Eish, wie kan help?
Title: Re: Bejoeks en Bejoos...
Post by: Angelica on June 23, 2013, 05:36:44 PM
Ek loer van onder my vlerk... rooi innie gesig.   :color:
Bejoeks is daai deng wat so oor jou kom as jy sulke gevoelentheid in die onderlyf kry en jy nou moet, anders is dit verby. Sommer so onnerie lessenaar of voor jy nog die sleutel draai van jou tjor om huistoe te ry.  Haai oeeeee.
Upington se mense is die bejoekste in die land, so se hulle.  En dan Blommetjiesfontein.
Aarde, wat sou Oupa gese het van die dinge sommer so innie openbaar?    :tongue3:
Title: Re: Bejoeks en Bejoos...
Post by: Aspoestertjie on June 23, 2013, 05:57:29 PM
Oupa se hy ken dit as "betjoeks"As 'n man betjoeks is is hy betjoeks, dan kan jynie veel daaraan doen nie.
Hy se ook, "'n Mens wat betjoeks gaan slaap staan moeg op."
De josie in as hy kwaad word.



 :mumum:
Title: Re: Bejoeks en Bejoos...
Post by: Meraai vannie Baai on June 24, 2013, 10:37:22 AM
Gatkantlanders is soms betjienks en betjoings. Betjoeks klink soos tronkstraf vir my  :icon_biggrin:
Title: Re: Bejoeks en Bejoos...
Post by: PM on June 24, 2013, 02:16:07 PM
Klink vir my na 'n "lekker" klomp, daai Uppingtonners, of spel 'n mens dit nou met 'n d?   :angel8:
Title: Re: Bejoeks en Bejoos...
Post by: Meraai vannie Baai on June 25, 2013, 12:09:38 AM
 :angel4: As hulle almal die josie in is sal 'n D'tjie beskrywend genoeg wees PM!
Title: Re: Bejoeks en Bejoos...
Post by: PM on June 26, 2013, 08:23:05 AM
Ek dink dit is mooi woorde om te gaps vir die woordskuur.   :icon_biggrin:
Title: Re: Bejoeks en Bejoos...
Post by: Meraai vannie Baai on June 26, 2013, 09:10:14 AM
Ek stem  :book1: toe ... Erf gemerk  :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Bejoeks en Bejoos...
Post by: PM on June 26, 2013, 09:12:59 AM
 :hello2: Altyd 'n sterretjie!  Dankie Raaitjie.  Ek is so ver agter met lees en antwoord, dan skuld ek nog broodreseppies  :color: maar dit sal kom, ek "blowe". 
Title: Re: Bejoeks en Bejoos...
Post by: Meraai vannie Baai on June 26, 2013, 10:24:23 AM
Hand oppi hart en troebob-njannies?  :toothy4:
Title: Re: Bejoeks en Bejoos...
Post by: PM on June 26, 2013, 12:11:20 PM
Sowaar as wat padda manel dra.   :wave: