Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on June 18, 2013, 07:20:18 PM

Title: So baie Pappas...
Post by: Angelica on June 18, 2013, 07:20:18 PM
So baie Pappe-gedigte, Pappa-briewe is die afgelope ruk op internet platforms en forums geplaas.
So baie.  En vir elke kind wat 'n ode aan sy/haar Pa geskryf het, was hy die beste Pappa.
Ek wens ek kon myne geken het.  Werklik geken het.  Die twaalf jaar wat ek saam met hom was, het ek as dogtertjie net mooi dinge gesien, mooi dinge beleef, mooi dinge geleer.
Ek wens ek kon hom by my gehad het toe ek iemand nodig gehad het om my hand te hou in baie moeilike omstandighede en besluite wat ek moes neem.
Maar miskien sou my lewe totaal anders gewees het nou, as Pappa maar net nog geleef het.
Ek mis hom.  Nog steeds.  Baie.
Title: Re: So baie Pappas...
Post by: Meraai vannie Baai on June 19, 2013, 01:11:52 AM
((((((Angelica))))))
Title: Re: So baie Pappas...
Post by: Fransi on June 19, 2013, 09:00:04 AM
 :love7:
Title: Re: So baie Pappas...
Post by: PM on June 21, 2013, 06:35:08 AM
My pappa was ook die beste Pappa.   :love7:  Lief hom nog steeds met my hele hart.   :icon_salut: