Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Waar is jy? => Topic started by: Meraai vannie Baai on June 12, 2013, 12:36:41 PM

Title: Nie verdwyn nie hoor!
Post by: Meraai vannie Baai on June 12, 2013, 12:36:41 PM
Haai ouens net gou laat weet, ek het nie van die aardbol af verdwyn nie. Ons het heerlike lang naweek gehad en onse kinders het kom kuier. Intussen was daar nog 'n besoek aan die hospitaal in die stad om die nuwe kardioloog te sien.

Sniksnik. Nog steeds geen antwoorde oor die ontstaan van alles nie. Elke spesialis het sy eie denkwyse en diagnose. Niemand steur hulle aan Outop en my sieninge oor die allergiese reaksie nie.
Title: Re: Nie verdwyn nie hoor!
Post by: PM on June 12, 2013, 12:55:20 PM
Baie bly jy is terug matertjie.  Ja jong, al lê jy die bewyse voor hul voete nê!   :dontknow:
Title: Re: Nie verdwyn nie hoor!
Post by: Fransi on June 13, 2013, 10:53:08 AM
Bly julle is terug en baie sterkte. Ek wens ek kon vir jou 'n drukkie gee. Volg jou binnestem en jou lyf se stem. My vroeë hoërskooljare het ook so 'n moedelose, uitputtende geskarrel van dokters, behandelings en diagnoses gehad. Dit is nie lekker nie.  :love7:
Title: Re: Nie verdwyn nie hoor!
Post by: Angelica on June 13, 2013, 06:34:12 PM
Sterkte, Meraai.
Title: Re: Nie verdwyn nie hoor!
Post by: Meraai vannie Baai on June 14, 2013, 08:26:30 AM
Dankie julle dierbare mensies! Ek waardeer. Ons is oppad na Meisiekind toe vir die naweek. Sal eers weer Sondag tuis wees. Geniet wat julle ook al doen die naweek en as julle reis, kom veilig tuis  :love7: