Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Maruis se plek => Topic started by: Marius on June 10, 2013, 07:45:40 PM

Title: Fulstasie Flirtasie
Post by: Marius on June 10, 2013, 07:45:40 PM
Vulstasie Flirtasie

Vingers wat streel en drentel
oor stywe tepels.
Lywe gevleg tussen swart satyn,
soos lepels.
Jou warm half-oop pruilende lippe
soensoek myne.
In my buik, en laer,
pols smagtende listige pyne.
Jou sug, sag, ongeforseerd, glottaal,
ego die drang in my dagdroom verhaal.

Jou wiel is pap sê ek bot,
my gedagtes,
nou getem, met dwang ingebod.
Jy klim uit,
en weer wil my fantasie wild losruk
as jou lyf my verbeeldingsvlug verruk.
Dankie glimlag jy, 'n engel, ‘n sakkubis,
onbewus, waaroor my gelaat so trekkeloos is.
Ry! Beveel my binneste my.
Veel langer en jou toneelspel is verby.
Hard druk ek hefboom in eerste rat,
trap versneller: my hart se klap –
'n swart karwat.

Kopiereg Marius Buys 2013
Title: Re: Fulstasie Flirtasie
Post by: PM on June 16, 2013, 03:56:01 PM
Witwarm Marius.  Pasop tog vir die ouderdomsbeperking.   :icon_biggrin: