Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Maruis se plek => Topic started by: Marius on June 10, 2013, 03:18:41 PM

Title: Bundel insetsels Marius Buys - Leemtes
Post by: Marius on June 10, 2013, 03:18:41 PM
Leemtes

Onthou, soos 'n ledemaat vermis,
van wat was, kon wees, is.
Stilte, waar voorheen lewe was,
'n leemte in 'n jas.
Selfoon-nommer nou na nĂªrens heen,
verklaar as: party nie-beskikbaar; geen.
Geskenke verewig klaar gegee,
kersfees-kaartjie adres nou errata; uitgevee.
Raad en staaltjies klaar vertel en oorgelewer,
oorgeplaas na my as nuut-uitgewer.
Oral Memento's Mamma, van jou bestaan,
wat mettertyd ook tot niet sal gaan,
maar jou gees en gene bly in my dwaal,
in ons nageslag sonder faal.

Helena Catharina Buys
(1942 - 2012)