Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Maruis se plek => Topic started by: Marius on June 10, 2013, 03:12:04 PM

Title: Bundel insetsels Marius Buys - Asemloos
Post by: Marius on June 10, 2013, 03:12:04 PM
Asemloos

Oseaan helaas is my woning nie,
dié sewe tiendes sonder eweknie.
Ek ‘n onderwater Livingston,
wil asem-ophou die dieptes in.
Hier, my liefde, tydverdryf en waan,
hier 'n wildernis met net enkele weë gebaan.
Koele water wat my stil omhels
waar mossels klik en see gesels.
Dié Bloue-wonder met drie dimensies,
biosfeer sans advertensies,
dring ek in as vreemde wese,
nuut, naïef en onbelese.
Sweef my gees met vis as vlees,
tot my longe helaas, weer vol lug moet wees.