Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Maruis se plek => Topic started by: Marius on June 10, 2013, 03:03:30 PM

Title: Bundel insetsels Marius Buys - Sonder woorde
Post by: Marius on June 10, 2013, 03:03:30 PM
Sonder woorde

Jou lyf my lief, is Rubicon,
my visum onbeperk,
jou vonkel, ewig horison
die weg in braille gemerk.

My woorde, soos water,
vervorm tot jou verwysing,
verraai ons vermoeƫ,
word Hydra - onverslaan.

Ek wil vir jou dig in regte woorde
maar my dogma dra Ahasveros se kleed,
en daar leef en sterf ek,
en daar leef en sterf ek.






* Hydra - Onverslaanbare veelhoofdige seemonster

Dit is makliker om die fisieke intieme grens in 'n verhouding oor te steek, as om insig te verkry in wat jou maat werklik gelukkig en opgewonde maak, en is inteendeel, 'n lewenslange soektog met rigtingwysers in' n onbekende taal wat jy letterlik op aanvoeling moet aanleer.

Braille word gelees deurdat die leser iemand anders se gedagtes lees deur fisies in kontak daarmee te bly en ek wil n gelyk trek met die liggaam, die kop en hart wat gelukkig gehou en ontdek moet word.