Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on June 08, 2013, 08:47:15 AM
-
Kry 'n e-possie van SARS om te se hulle het R???K inbetaal in my rekening... 'follow the link to continue'.. Ongelukkig vir die hooligans het hulle die e-pos na die verkeerde e-pos adres gestuur. Dit was die adres van my nooiensvan en nie die adres wat by SARS geregistreer is nie.
Net nog 'n teken dat die kriminele my geteiken het oor die laaste twee weke.
:laughing4:
Maar SARS operate nie so nie. Wees dus gewaarsku, die hooligans is weer (?) los.
-
en as hulle eers een e-posadres van jou het, gaan jy binnekort twee sulke e-posse elke week kry. ek het seker al honderd gekry en delete die laaste paar maande. wonder hoekom hulle so aanhou? wys net daar moet baaaie mense wees wat wel reageer.
:grommit:
-
Verlede naweek het hulle Oudste se kaart "gevee" en R5 000 uit getrek. 'n Ou kry dit weer terug, maar dit is 'n ergernis.
-
Jy weet, jy kom by 'n winkel, salig onbewus van die 'gevee' en jy koop asof dit uit die mode gaan.
By die till se die masjien, no way, jy het nie die fondse.
Maar ek HET!
Ok, kom ons try weer.
Declined.
En jy is rooi en sien ook rooi, want waar is jou geld dan?
Helse beslommernis. Net soos wanneer 'n ou in jou vasry en jy jou motor moet invat om reg te maak. Jy het versekering, maar wat nou intussen? Hoe kom jy waar jy moet wees?
Ek sal eis van die skuldige om my rond te ry of 'n voertuig te van voorsien vir die tyd.
Call me 'geitjie'...
-
My sus hulle word gereeld so gevee en die beste van alles, die een keer was die skuldige die donker bankbestuurder. Dit het maande geneem voor die duisende terugbetaal was. Ondersoek op ondersoek. Sulke otters maak die lewe bitter onaangenaam en voel 'n veer!!
-
Ek het dit ookal gekry en ek is nie eers by SARS nie, so ek weet nie hoe ek inbetalings kan kry nie. :icon_biggrin:
-
En Standard Bank en ABSA wat my e-posse stuur dat ek my info moet update... Just click on the link below.
Ek bank nie by hulle nie.
-
Hier in ons area het iemand nie minder as 5 deposito's ontvang vir 'n motor wat hy verkoop het nie. Hy bied die kar teen 'n baie goeie prys aan, vereis 'n deposito om die kar vir iemand te reserveer, gee 'n vals adres op waar jy die kar kan kom haal met die res van die geld. Natuurlik is hy weg met die deposito en geen mens kan hom opspoor nie.