Vandag bring ek rose vir mamma
'n mooi sneeuwit roos
vir al die liefde
elke dag gegee met sorg
'n mooi geel roos
vir die laataande langs my siekbed
elke druppel koorsstroop
kon nie mamma se liefde blus
'n mooi pink roos
vir daardie luilekker saamwees dae
van boeklees drome droom
lang ente se stap langs die rivier
'n mooi swart roos
wat mamma se kalmte uitstraal
waarmee mamma my grootgemaak
my teruggeneem het as ek geval
seergekry en nie kon opstaan
'n mooi rooi roos
om vir mamma te sĂȘ
ek sal altyd lief wees vir mamma
al is mamma nie meer hier
dankie mamma omdat mamma
maar net altyd mamma was
Dankie vir die deel Ans, dit is baie mooi.
Ai, dis mooi.
Dankie almal ek waardeer dit opreg.