Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => JeannedArc se plek => Topic started by: Jeannedarc on June 04, 2013, 01:25:58 PM

Title: liggaamspyn, sielspyn
Post by: Jeannedarc on June 04, 2013, 01:25:58 PM
Witwarm, ‘n skroeiend lans
Steek en skeur die pyn
Deur my liggaam, wese, siel
Het die embrio van kanker
Gebore geraak en witligsnel
Omvorm tot die Swart Ridder
En sy vlymskerpgloeiend lans

in daardie uur waar die ondood loop
Staan daar in die donker skadu
Van my slaapkamer, effe verskuil
Die Grimmige Gryper en sy sens
Sy donkerswart hoofbedekking
Sê in negatiewe swaai
Dis nog nie tyd om te oes
Is daar ‘n sweem van deernis te bespeur?

Wanneer ek dan skalkies loer
Na my dogter, ongesiens
Dan skok dit deur my wese
Dat die Swart Ridder diabolies poog
Om die moeder-dogter lewensband
Te roof en voor ons neuse weg te raap

Skerp en fel steek sy lans
Deur my liggaam, my siel
Die pyn ‘n nagmerrie werklikheid
Wat sy kleim soos wafferse delwer
Uitmerk, afsteek, opeis
En die beker voor my lip
Loop oor en bitter soos gal

O God, hoeveel langer sal ek
Dan hierdie erge uur verduur?
Hoekom ek, O God!
Wanneer O God, gaan U dan
Op U witfosperd en splinternuwe saal
Aangalop om my te haal
Title: Re: liggaamspyn, sielspyn
Post by: PM on June 06, 2013, 09:34:34 AM
Pragtig geskryf Natalie.  Ek lief dit. 
Title: Re: liggaamspyn, sielspyn
Post by: Meraai vannie Baai on September 06, 2015, 02:02:09 AM
Trippel WOW!!!  :icon_salut: :notworthy:
Title: Re: liggaamspyn, sielspyn
Post by: Naas on September 06, 2015, 07:44:53 AM
Dit is Super werk die.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: liggaamspyn, sielspyn
Post by: PM on September 06, 2015, 01:44:14 PM
Dit is uitstekend, ek stem!   :notworthy:
Title: Re: liggaamspyn, sielspyn
Post by: Jeannedarc on September 07, 2015, 01:18:44 PM
Thank you All. I wrote this for someone who was dying of cancer and who has subsequently crossed the river Styx
Title: Re: liggaamspyn, sielspyn
Post by: PM on September 07, 2015, 02:42:54 PM
Jammer om dit te hoor Natalie.