Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Cornelis se plek => Topic started by: Angelica on May 23, 2013, 05:17:59 AM

Title: Werkend-wagtend
Post by: Angelica on May 23, 2013, 05:17:59 AM
Werkend-wagtend

Smaraglane permiteer die grys grond.
Kontoere wat sweet verswelg
wals oor rante van die land
soos reuse reptiele in die somerson
kronkel hul blink lywe
al agter die ploegskaar aan.

Die son se onontferming
suig die lafenis uit sy lyf
en saam met perde sweet hy,
druppels plonsend na benee.
Edel arbeid ruik na die oes
wyl skure wag op beloftes
soos hy …  op die reën.

©Cornelis
Title: Re: Werkend-wagtend
Post by: PM on May 25, 2013, 08:57:14 AM
Baie mooi, ek sien die sooie kronkel soos reuse reptiele.