Sy dans op maat
van mirletonklanke
verby 'n mirtebos.
'n Feëprinses,
sag, haar liggaam en haar lewe.
Ruheid in haar wese,
walglik grof het hy
sy mismaakte dwaling
deur haar ongerepte natuur geskeur!
Die kruiestruik verdroog
en bring 'n einde aan
die ongevraagde dolorosa
van 'n engelkind.
Haar pyn vir ewig verby.
:grommit:
Eina! Hierdie gedig laat my woordeloos. :dontknow: