Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Cornelis se plek => Topic started by: Angelica on May 23, 2013, 05:09:58 AM

Title: Die hoop beskaam nie
Post by: Angelica on May 23, 2013, 05:09:58 AM
Die hoop beskaam nie

…nogtans bly ek hoop
dat tussen stil woestyne
daar ‘n oase wag,
getooi in satyndoeke
met oë wat net lag.
Sagte hande wat my hart verstaan,
soen die lewe sag
en ek skenk ook geboorte
aan die liefde
                        wat so lankal wag.

©Cornelis
Title: Re: Die hoop beskaam nie
Post by: Fransi on May 23, 2013, 09:36:38 AM
Dit lees so lekker.
Title: Re: Die hoop beskaam nie
Post by: PM on May 25, 2013, 08:42:11 AM
Baie mooi geskryf.