Die visser
Wit nag oor 'n leë wasgoedlyn
dweep sagkens met die maan.
Strale drup oor toue,
stap dan oor die baai
en sprei hul helder boodskap
oor 'n weer-gebreide eensame gelaat.
Hy beur orent
teen die suidooster,
tastend na die rooi glimlag.
Met gesnyde vingers
trek hy die lyn na sy kop.
Die glimlag in sy maag
vertrap die koue in sy lyf.
Spoedig trek die laken
sy hartseer na die maan.
Wit nag oor 'n leë wasgoedlyn,
die nag toe sy kom groet.
'n Visser se herinneringe
val oor bakboord
in 'n bottel sonder prop.
©Cornelis
Dit is besonders!
'n Visser se herinneringe
val oor bakboord
in 'n bottel sonder prop.