Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Cornelis se plek => Topic started by: Angelica on May 22, 2013, 07:13:22 PM

Title: Vlinder...
Post by: Angelica on May 22, 2013, 07:13:22 PM
Vlinder
Die drumpel van my hart
verslete…
Deur sole vertrap,
van jou rustelose weë
soos die see se gety…
In en uit…
In en uit…

Bohemiese Madonna,
vlinder van die nag,
fladder in oë
van begeerte
wat jou kurwes
na hul harte dra.

Triomferend begelei jy
druppende slawe
na doodsdoeke,
in wellus gedoop
en hul verdwyn
in branders wat rol…
In en uit…
In en uit…

©Cornelis


PM, hierdie gedig moet saam met die 'Bohemiese Madonna' kunswerk op dieselfde bladsy verskyn. 
Title: Re: Vlinder...
Post by: PM on May 25, 2013, 09:16:47 AM
Dankie Elle, ek het die nodige veranderings gedoen.  Ek waardeer jou hulp.   :love7:

Hierdie lees vir my as 'n geheel:

Die drumpel van my hart
verslete…
deur sole vertrap,