Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: AB on May 18, 2013, 10:33:35 PM

Title: visvang mei 2013 nr 1
Post by: AB on May 18, 2013, 10:33:35 PM
wees gewaarsku hier kan baie kiekies wees

so besluit paar van ons om te gaan visvang. kry plek naby vermaaklikheid. ek en peet en piet ry dinsdagmiddag, hou lang naweek. woensdag ry ons 30 km verder kus af blombos se kant toe.
daar vang ek 5 net net maat kolsterte. die aand bederf ons kok ons met hoender pastei

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/37pastei_zpse4c38af7.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/37pastei_zpse4c38af7.jpg.html)

en dit smaak heerlik, oorgenoeg vir ons al 3

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/38opskep_zpsbcf2140a.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/38opskep_zpsbcf2140a.jpg.html)

volgende oggend ry ons eers 'n draai op die plaas

gaan loer na die huisie bye die see ( nee ons het nie daar in geslaap nie)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/01kapstyl_zps1c37bafb.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/01kapstyl_zps1c37bafb.jpg.html)

die kuier stoep

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/02stoep_zps599a055e.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/02stoep_zps599a055e.jpg.html)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/03skulpe_zps27ea038f.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/03skulpe_zps27ea038f.jpg.html)

ry toe see se kant toe

en kom op die zebras af

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/39zebra_zps0f832797.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/39zebra_zps0f832797.jpg.html)

daar is elande en bontebokke ook


duin af see toe

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/40_zpse89b228f.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/40_zpse89b228f.jpg.html)


vrek hoog af daar na die see toe

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/04see_zps8c32e749.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/04see_zps8c32e749.jpg.html)

ons staan soms op daai rotspunt en probeer vis vang

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/41duin_zpsb792ea27.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/41duin_zpsb792ea27.jpg.html)

geukkig is daar 2 paadjies teen die duine af see toe

205 trappies

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/05peet_zps40e2f008.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/05peet_zps40e2f008.jpg.html)

ons gaan probeer toe ons geluk by hierdie stomp

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/06stomp_zps1ee20307.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/06stomp_zps1ee20307.jpg.html)

pragtige strand, net vir ons self

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/07sand_zps7167db8f.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/07sand_zps7167db8f.jpg.html)

na 'n wyle het ek darem weer 'n kolstert gevang

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/08kolstert_zps16bf05fb.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/08kolstert_zps16bf05fb.jpg.html)

piet is nog vol moed

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/09piet_zps933428f0.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/09piet_zps933428f0.jpg.html)

en peet byt ook nog vas

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/15peet_zps054832ae.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/15peet_zps054832ae.jpg.html)

en so raak dit hoogwater

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/11stomp_zps0ee8dbba.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/11stomp_zps0ee8dbba.jpg.html)

en ek begin maar fotos neem om besig te bly want die vis willie bytie

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/12waterspat_zpsf4da6773.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/12waterspat_zpsf4da6773.jpg.html)

ons skuif nader na die terugstap paadjie toe

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/13spoor_zpsdc8715c8.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/13spoor_zpsdc8715c8.jpg.html)

die water was redlik plat, dalk die rede vir swak vangs?

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/14waterspat_zps0a205a7e.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/14waterspat_zps0a205a7e.jpg.html)

hier hou ek my weer besig om fotos te neem terwyl my stok in die pyp in die sand staan

toe ek die foto neem kyk peet op na my en seg: "hey wat gaan aan by jou stok""
ek seg ek weet nie maar ek sien sy punt staan nie meer stil nie
toe was dit al die tyd hierdie 1,6 kg pens en derms wat so aan die lyn pluk

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/16pensenderms_zpsfcc8b006.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/16pensenderms_zpsfcc8b006.jpg.html)

en net daarna kon ek vir peet vra wat gaan aan by sy stok

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/17wildeperd_zps6de3254e.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/17wildeperd_zps6de3254e.jpg.html)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/18-1_zps1aecdd17.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/18-1_zps1aecdd17.jpg.html)

word vervolg







Title: Re: visvang mei 2013 nr 1
Post by: PM on May 20, 2013, 05:44:36 PM
Pragtige plekke, pragtige blyplek, heerlike vis en lieflike foto's. Dankie AB.  Vir my sal dit nooit te veel foto's wees nie. 
Title: Re: visvang mei 2013 nr 1
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2013, 11:11:06 PM
Ware oogfees Stoffel en die byskrifte altoos deur 'n groot plesierigheid  :notworthy:
Title: Re: visvang mei 2013 nr 1
Post by: PM on May 21, 2013, 08:48:16 AM
Met die byskrifte stem ek 100 saam met jou Raaitjie.  Die volgende bydrae vir die boek wat AB maak sal "storie-styl" gedoen word.  Hy is goed daarmee. 
Title: Re: visvang mei 2013 nr 1
Post by: AB on May 22, 2013, 03:11:17 AM
dlak 'n opsomming van 'n toer in die woestyn bv?
Title: Re: visvang mei 2013 nr 1
Post by: Meraai vannie Baai on May 22, 2013, 03:19:59 AM
Staan soontoe mater, my plek in voorste gestoeltes geboek  :hello2:
Title: Re: visvang mei 2013 nr 1
Post by: PM on May 27, 2013, 02:16:05 PM
'n Opsmming sal baie goed werk en dan die foto's met die byskrifte.  Uitstekende idee AB.   :hello2:
Title: Re: visvang mei 2013 nr 1
Post by: AB on May 27, 2013, 06:44:34 PM
soos ek myself kan sal ek weer laaaang stories skryf daaroor. tyd sal leer. hulle het vandag aan die bakkie begin werk om hom reg te kry vir die strawee rit deur die woestyn. ek laat sit 'n 3 de petrol tenk in, dan sal hy sowat 230 na 240 liter onder sy pens kan dra. dit sal nie werk om klomp petrol binne in en bo op die dak te pak vir daardie rit nie.

Title: Re: visvang mei 2013 nr 1
Post by: PM on May 28, 2013, 04:04:59 AM
Ek het gedag daar is genoeg petrolpompe langs die pad.  Jare gelede is ons deur Botswana Namibië toe en daar was nie vulstasies nie.  Nou is daar darem. 
Jy moet onthou om 'n dagboek saam te neem en jou aantekeninge getrou te doen.  Wanneer ry julle?
Title: Re: visvang mei 2013 nr 1
Post by: AB on May 28, 2013, 04:23:25 AM
soos ons gaan ry is van aus tot in walvisbaai is geen petrolpompe nie en ook nie juis paaie nie, meestal net sand duine. 700 km 4x4 se low range ry en ek hoop om so 2,5 na 3 km per liter te kry.
ek is nie seker hoe ons gaan ry nie oorlat daar nie paaie is nie maar die gids praat van aus af noord wes tot by meobbaai en dan noord langs die see tot by walvis. hy praat ook van so 7 dae se ry. gaan dit nie afjaag nie.
Title: Re: visvang mei 2013 nr 1
Post by: PM on May 28, 2013, 09:53:54 AM
Goeie genade, hoekom so min kilo's vir so baie brandstof?  Ek ken nie 'n "hande-viervoet" nie.  Is almal so swaar op sous?
Title: Re: visvang mei 2013 nr 1
Post by: AB on May 28, 2013, 04:53:35 PM
dis die dik sand oor en deur die duine en die ratte wat ons gebruik is baie keer "low range"wat beteken dat 1 ste en 2 de dan stadiger is as gewone 1 ste, dus draai die enjin baie meer omwentelinge om dieslefde afstand te ry maar kan  gemakliker krag na die wiele verplaas. dis soos 'n fiets met ratte, as jy vinnig ry en 1 ste rat gaan jy gou moeg raak en as jy opdraende ry met hoogste rat gaan jy lam raak. en o ja in die sand al ry ons stadige spoed 2 de en 3 de "low range" ry ons met vinnige spoed ( hoë rewolusies ( revs) )

ek hoop om 3 km per liter in die woestyn te kry, maar dit kan dlak afkom na 2,5 km per liter.
Title: Re: visvang mei 2013 nr 1
Post by: PM on May 29, 2013, 07:37:59 AM
Dis nou 'n baie mooi verduideliking.  My pa het altyd gesê, vra en die mense dink jy is onnosel, of moenie vra nie en jy bly onnosel.   :icon_biggrin:
Jy het nog nie gesê wanneer vertrek julle nie. 
Title: Re: visvang mei 2013 nr 1
Post by: AB on May 29, 2013, 05:11:25 PM
vir die woestyn trip kom ons almal bymekaar 17 aug laat middag op aus.
ek en peet en piet dink daaraan om 12 julie te ry alexanderbaai toe, die naweek daar te kuier by mense en dan 16 de oor die grens ens. plan om so teen 2 de aug terug tuis te wees.
Title: Re: visvang mei 2013 nr 1
Post by: Fransi on May 30, 2013, 08:32:02 AM
Dit klink heerlik. Geniet die woestyn.
Title: Re: visvang mei 2013 nr 1
Post by: PM on May 31, 2013, 03:43:42 PM
Neem jy jou skootbrakkie saam?  Dan kan ons so nou en dan 'n mooi foto kry en 'n geselsie, anders gaan ek my dood verlang!
Title: Re: visvang mei 2013 nr 1
Post by: AB on August 02, 2013, 01:10:01 PM
nou wil jy seker i antwoord daarop hê? in elk geval ons is veilig tuis, 24 uur gouer as wat ons beplan het maar dis ook goed so nou kan ek 3 dae ipv 2 dae rustig wees voor ek weer begin werk maandag. en nou lê die groot werk voor.....fotos uitsoek en storie skryf. ek het 1 jaar se stories in 3 weke bymekaar gemaak. dinge gesien en beleef wat ek nie geweet het hoe dit werk nie. ek het sowat 4500 fotos en seker 80 uur se video om deur te werk. het 'n gopro gekry voor ons weg is en dit was rerig die moeite of liewer geld werd.
in kort
alexanderbaai is vaal met 'n hartseer storie.
ons het die oranjerivier se monding gesien, het diamant stories gehoor, was in oranjemund, in die veld gekamp naby die rivier, ludritz, kolmanskop, aus gesien. woestyn in van aus af en 5 nagte in woestyn geslaap,wit geryp een oggend en soms erg wind en soms erg warm gekry, vis gevang by meobbaai, vanaf swakop oor die woestyn gevlieg, by henties probeer vis vang en in die dooiesee geswem of eerder gedryf. van walvis oor gobabeb en solitaire gery en na 'n appeltert eet ook solitaire gespeel. sossusvlei besoek maar nie veel gesien nie, baie wind en sand en stof en besluit net daar om verder te ry en dalk by betanie te slaap maar gelukkig 'n petrolpyp lek gekry en dit op betta reggemaak en toe liewer by duwiseb gekamp. ook langs pad met willem gesels wat 'n donkiekar met sleepwa agter aan het. baie koedoes op pad gekry en die petrolpyp se probleem het gelukkig gesorg dat ons nie daar in die nag in die koedoe wêreld gery het nie. het gesien dat helmerighausen baie klein is, eintlik nog kleiner. op betanie sowat 120 liter petrol ingegooi om die tenk 3/4 aan te vul. die canyon en aiais geloer en by aussenkhere oorgeslaap en gister huis toe gery en paar mooi blomme in namakwaland gesien langs die pad. was 17h00 hier by die huis en 2 galjoene gebraai wat van henties af saam huis toe gekom het.

dis in kort, die fotos en storie sal vlog, maar dit gaan tyd vat.
Title: Re: visvang mei 2013 nr 1
Post by: Angelica on August 04, 2013, 03:20:58 PM
Heeerlik.  Nam is 'n land om te ervaar.
Sien jy het toe darem ook die appeltert beproef.
Title: Re: visvang mei 2013 nr 1
Post by: PM on August 05, 2013, 03:29:36 PM
Dankie AB.  Ek sien geweldig uit daarna om al die foto's en stories te sien.  Baie welkom terug en ek is dankbaar jy is uit en tuis en
 veilig by die huis.  :hello:  :bootyshake: