Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Cornelis se plek => Topic started by: Terry on May 16, 2013, 03:25:20 PM
-
Cornelis se skilderye:
1. Die hengelaars
2. Bohemiese Madonna
3. Getrouheid
4. Wasdag
-
Baie dankie vir jou moeite Terry, ek waardeer dit.
Vir julle ouens wat nie weet nie, jy klik op die foto en dan maak dit groot oop, dan hou jy ctrl in en rol die muis se wielietjie vorentoe en agertoe om dit groter of kleiner te maak sodat jy die hele foto kan sien.
Pragtige werk Cornelis. Wanneer jy 'n kansie kry sal ek graag meer omtrent hierdie kunsvorm wil weet.
-
Pragtig..
Die man het omtrent vele talente.
PM, maak seker Cornelis noem op sy Profielblad dat hy al bundels publiseer het. Ook stunning werk daarin.
-
Pragtig!
-
daar is nog mense wat met hul talente woeker ... :toothy4:
-
Sy profielblad is by sy verwelkoming. Hy maak wel melding van die boeke wat hy uitgegee het. Ek sal nie omgee om dit onder oë te kry nie. Hy praat van "paletmes tegniek". Ek sal graag meer daarvan wil weet.
-
haai nee, hoe kan ek kommentaar op sy skrywes gee as hy al publiseer het? al is dit maar net my eie pennie in die pond?
hy skilder netjies, ek lief daardie ene waar die kat so getrou waghou en die naam "getrouheid" daarby.
:grommit:
-
Jy moet help omdat hy gevra het. Ons kan almal by mekaar leer. Jy is verniet so nederig, jou inset beteken vreeslik baie.
-
Ek wil huppel en dans. My oge het 'n ware fees en my gees jubel verspot kruis en dwars saam met elke streep van die paletmes :notworthy: :icon_salut: :hello2: