Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on May 15, 2013, 08:27:37 PM

Title: ID foto's....
Post by: Angelica on May 15, 2013, 08:27:37 PM
Ek lees van die jongman wat gebore is met slegs 'n regter oog.
ID foto's word geneem vir sy heel eerste identiteitsboekie.  Vorms en foto's word weggestuur en toe hy dit ontvang, is daar digitaal met sy foto gepeuter deur die slimkoppe by Binnelandse Sake en skielik het hierdie jongman twee oe. Jy kan duidelik sien dat daar gepeuter is met die foto.
Die ou is bitter ongelukkig daaroor.  Dit beteken dat hy nie sy ID kan gebruik om homself te identifiseer. En alles wat daarop volg.   :evil5:    :violent1:

Die skuldige slimkop sal nie opgespoor word nie.  Om die waarheid te se, daar gaan nie eens vir hom gesoek word nie.
Title: Re: ID foto's....
Post by: PM on May 16, 2013, 04:47:22 AM
Dit is nou 'n ding! Ek dink nie die ou wat daarmee gepeuter het is 'n slimkop nie en as hulle nou vir "slimkop" vang, wat gaan hulle met hom doen? 
Title: Re: ID foto's....
Post by: Angelica on May 16, 2013, 08:54:30 PM
Hulle gaan hom bevorder.
Title: Re: ID foto's....
Post by: PM on May 17, 2013, 07:50:26 AM
Hahaaa, natuurlik, hoe kon dit my ontgaan het.   :icon_biggrin: