Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Cornelis se plek => Topic started by: PM on May 15, 2013, 03:24:47 PM
-
Die lange dae (sonder jou)
Die tyd se sleepspoor
wat lange dae aan mekaar bly bind,
rek lang skadus oor my uur.
Hier waar ek jou beeld
tussen trae wysers
van my horlosie soek,
kringe in eindelose tog
draai wetend my verlange
in rondomtalie-ure vas.
Ek hunker na die losmaak
van tyd se knope.
© Cornelis
-
Eerstens wil ek vir Cornelis en julle almal se:
Ek is gladnie 'n taalkenner nie. Ek is ook nie 'n digter nie. Ek skryf my skriwwels en that's that.
Elkeen doen en skryf na sy vermoe.
Goed, wat ek sou doen:
Die lang dae (sonder jou) of sommer net Sonder jou...
Die tyd se sleepspoor
wat lange dae aan mekaar bly bind,
rek lang (en hier het ons weer die woord 'lang') skadus oor my uur.
Sou ek doen:
Tyd se sleepspoor,
wat dae aan mekaar bly bind,
rek soos aandskadus oor my uur
Hier waar ek jou beeld
tussen trae wysers
van my horlosie soek,
- kringe in eindelose togte -
draai wetend my verlange
in die uurwerk vas
Ek hunker na die losmaak
van tyd se knope
(tog voel ek hier kon nog iets bygekom het.)
-
Cornelis het gevra dat ons sal skaaf en skuur. Ek hou sommer baie van jou voorstelle. Hoop regtig die ander ouens wil ook kom saam poets en vernis, soos Adéle dit stel.