Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Cornelis se plek => Topic started by: PM on May 15, 2013, 03:22:28 PM
-
Liefdesdruppels
druppels op die sinkdak praat hul eie taal
eers huiwerig soos ‘n nuwe liefde
dan die stortvloed van losgelate passie
dit spoel oor ‘n droë landskap
wat honger die liefde verslind
wyl elke klein druppel
die liefdeskombers ragfyn weef
waaronder lewe
seisoenaal weer blom
© Cornelis
-
(Dit voel of ek moet koes elke keer as ek my weergawe gee.)
druppels op n sinkdak
praat hul eie taal
eers huiwerig soos 'n nuwe liefde
dan 'n stortvloed losgelate passie
dit spoel oor 'n droe landskap
wat honger die lafenis verslind
wyl elke kleine druppel
'n ragfyn liefdeskombers weef
waaronder lewe
seisoenaal ontspring
-
Ek is baie dankbaar dat jy jou inset lewer. Dit wys regtig jy gee om. Vir my was dit een van die grootste redes vir die forum, sodat ons mekaar kan help en by mekaar kan leer. Jy lewer jou inset en die skrywer het nog die keuse.
Die verbetering wat jy aangebied het is baie goed, as dit my werk was sou ek dit so aanvaar het.
Cornelis is baie besig, gee hom net 'n kansie, hy sal binnekort hier kom kuier. Vandag sal sy kunswerk ook 'n plekkie kry.
-
Dankie PM..
-
Dis ook hoekom ek my werk op die forum deel - om almal se input te kry en PM se hestelwerk aan Ah,Willa! se dinkwerk ha ha ha - wat sal ek tog sonder PM doen ...
maar niemand, behalwe PM waag dit ooit om my werk te hammer en timmer nie ... oh wag - nou lieg ek ... Naas, Adele en Raaitjie bytel ook en dis hoekom ek weet ek groei ...
en waar ek die byteltjies uithaal vir jou - is dit omdat ek omgee en ook wil sien ons almal groei saam ... maar ja ...
NS Angelica ... jou voorstel lees baie makliker ... ek lees gedigte hardop omdie gevoel te kry ... jou aanpassing gee vir my 'n ritme wat nie by die oorsprongklike een is nie ... maar dan weet Willa nie veel nie .. sy voel maar net met die hart :angel8:
-
ek hou ook van die [versigtige] nuwer weergawe, [al kort 'n leesteken of twee] :toothy4:
:grommit:
-
Adele, omdat ek nie weet nie, sit ek byna nooit 'n leesteken in nie.
:dontknow:
-
ek lief ook die geheimsinnigheid van weggelate leestekens, maar hier het ek eintlik bedoel daar kort 'n
' by 'n 'n... ag tog, :icon_biggrin: is dit nou nie ons taal se dinge nie? laat ek dit gaan haal:
druppels op 'n sinkdak [die ' kort by die n]
praat hul eie taal
eers huiwerig soos 'n nuwe liefde
dan 'n stortvloed losgelate passie
dit spoel oor 'n droe landskap [en die kolletjies op droe wat PM moet onthou]
dis maar al... :toothy4: :toothy4:
:grommit:
-
Ek het dit gelukkig raakgesien, maar baie dankie dat julle help. Soms mis ek dit.
Moontlik gebeur dit omdat party skrywers nie weet hoe om dit in te sit nie, of soos hier op die forum wil daardie liewe leestekens nie altyd werk nie. In die PP-program moet jy "insert" gebruik.
-
hier en op fb [op my skoottoppie] maak ek 'n aparte Word-blaai oop en gaan knip dan 'n leesteken-letter, by simbole, om te spoeg en plak en dit vat baie tyd. heeeerlik is die nuwe skoottoppies wat 'n regse syferblok ingebou het.
:grommit: