Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Cornelis se plek => Topic started by: PM on May 15, 2013, 03:20:46 PM
-
Inkwisissie van die vliegmasjien
wat is dit wat hier in die donker skuil
my nagwaak oor die duister
wat soos Gibraltar onbeweeglik in my psige staan
my hart se ritmes bonsend in my bors laat slaan
hier in my groei die onrus soos die springgety
wat is dit o my siel dat jy nie rus wil kry
die mure van die nag het my ingesluit
my vasgehou in volgehoue onsekerheid
wyl ek my hart en gedagtes deurpriem
soek ek na die lig se skakelaar
wie is dan nou die uur se martelaar
jy wat in vryheid die lug deurklief
jou oog op asuur en reliёf
of ek in die donker hoekie wat na binne loer
waar is die requiem van die swygende troebadoer
wat sing hy saam met gestolde toere van die groot masjien
waar ek nou jou lag net in my kop nog sien
want hier in die dieptes van my intuïsie
het ek wetend nie geweet van die meganiese inkwisisie
wat kil jou vonnis in staal voltrek het
maar tog is ons oorwinnaars wat daarop let…
want in grepe van die oneindige jaar
is ons net n paar tree van mekaar
© Cornelis
Opgedra aan Amore Bekker
-
:hello2: