Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Cornelis se plek => Topic started by: PM on May 15, 2013, 03:19:19 PM
-
Jou spoor
Die klam blou stilte in die somerson se lyf
ontplooi rustig op die melodie van die groeiende dag
wyl rimpels van die uur se klawers
al wyer oor die verste newels kring
hier waar langsaam die tyd verrys
as ballade van sekere verganklikheid
ontmoet stilte
en groeiende verlange
totdat die hol drumpel van my dors
jou voetsool roep
wat fluweel en hout versoen
tot lewe soos die lig
© Cornelis
-
...'die hol drumpel van my dors
jou voetsool roep'
Pragtig.
-
:toothy4: ek wou die selfde reeltjie aanhaal en se wow - maar Angelica het my voorgespring :notworthy:
-
"Die klam blou stilte in die somerson se lyf" Lief die personifikasie.
-
Baie mooi!