Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Cornelis se plek => Topic started by: PM on May 14, 2013, 03:11:56 PM

Title: Die tyd stap aan
Post by: PM on May 14, 2013, 03:11:56 PM
Die tyd stap aan
 
ek wandel in die lig se skadu
as al  om my die skemer hang
ek sien...
die toegedraaide  lig
ek kyk na die beelde
wat almal na my loer     
maar dan
skielik
skielik is daar niks
                       niks
net die leegtes wat
soos mense lyk

© Cornelis 
Title: Re: Die tyd stap aan
Post by: Fransi on May 14, 2013, 04:30:53 PM
Ek is mal oor die wit spasies. Treffend geskryf.
Title: Re: Die tyd stap aan
Post by: PM on May 14, 2013, 07:42:38 PM
Hierdie wit spasies is soos wat Cornelis dit toegepas het.  Ek weet nie of hy dit besef nie, maar dit is hoe dit is. 
Dankie dat jy kom loer het matertjie, ek waardeer dit opreg. 
Title: Re: Die tyd stap aan
Post by: Angelica on May 15, 2013, 08:05:04 PM
Hou ook baie hiervan.
Baie mooi, Cornelis.

maar dan skielik
skielik
is daan niks
niks
net die leegtes.....  (dalk?)
Title: Re: Die tyd stap aan
Post by: PM on May 16, 2013, 04:59:10 AM
Dankie vir jou inset Elle.  Kom ons hoor wat sê die ander. 

Ek het intussen hierdie veranderings gedoen.  Kyk wat dink julle daarvan. 

Die tyd stap aan
 
ek wandel in die lig se skadu
as al om my     skemer hang
ek sien...
die toegedraaide  lig
ek kyk na  beelde
wat almal na my loer     
maar dan
skielik
skielik is daar niks
                       niks
net die leegtes wat
soos mense lyk

© Cornelis