Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on May 12, 2013, 12:44:12 PM

Title: Simfonie
Post by: Gawelina on May 12, 2013, 12:44:12 PM
'n bloedrooi son
kleur verre horison
in malse rooi en goud
ek skryf jou naam
met neon skrif
in wasems teen ruite

jou vingers speel 'n overture
oor my honger lyf,
stryk simfonie op hartsnare
tot storms bruisend
oor ons spoel en breek

'n dowwe maan gooi speelse lig
oor skadu's teen mure
ek roep jou naam ekstaties uit
as ons in na-nag uur
ons verlange,  honger stil

saam kleur ons 'n nuwe môre
in vuurwerk kleurpalet
ek fluister jou naam
sag teen jou nek
as ons naglied
wegsterf
in newels
van
slaap


@Gawelina2013
Title: Re: Simfonie
Post by: PM on May 13, 2013, 07:07:58 AM
Dit is pragtig geskryf.  Ek het iets kom soek hier by jou werfie en toe ontdek ek hierdie simfonie.  Wat 'n fonds!   :notworthy:
Title: Re: Simfonie
Post by: Anicia on October 03, 2013, 02:29:19 PM

Ai, mens voel sommer jammer toe hierdie mooie gedig eindig :hello:
Title: Re: Simfonie
Post by: Ans Botha on December 01, 2015, 10:12:13 AM
Dit is die mooiste gedig. Mens lees so maklik en vloeiend daaraan, en dit is waarvan ek in 'n gedig hou.