Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on May 11, 2013, 09:28:01 PM
-
tussen Suidkaapse-woude
het ons hierdie
vreugde-vrolik
negosie-paradys,
weggesteek in malse tuine
(dalk soos Eden),
langs ’n spruit ontdek
’n bekertjie koffie
het hulle ons aangebied,
met goue heuning
suiwer en veldsoet,
melktert en ’n koesister
was deel van die spyse-
saam met gesels en vertel
van oupa en ossewa
wat reeds dekades gelede,
met ossespan en ook transportwa
die plekkie hier, het ontdek
bottels vol vrugte
halwes ingelê,
ander soet konfyt,
gekappie en gelint
ding mee om aandag
met blik op blik
uit Noag se ark gered;
terwyl die outyd teen langsaanmuur
(nommer asseblief? se apparaat
en ‘onder die doek’ kameras)
se rakke snags rondwals
met spoggerig’ onderrokvalle,
deur liefdeshand versier
eendag weer
wil ek kom loer
na die oudaagse tyd,
waar klip en spruit
en Edenwoud se avontuur,
’n stilte plaas op
nuwerwetse oorlewingstryd
:grommit:
-
Mal oor sulke plekke.
Daar is mos rakke vol liefde gepak.
-
Ons stop ook altyd by die "padstalletjies" vir lekker tuisgemaakte produkte. Dit is net jammer dat dit al minder en minder raak.
Pragtig geskryf Adéle.