Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on May 11, 2013, 05:24:15 AM

Title: Het jy koors gehad?
Post by: Angelica on May 11, 2013, 05:24:15 AM
Het jy koors gehad?
Ek het net so 'n vae gevoeltetjie gehad. Is dit die ouderdom wat ons immuun maak?
Ek praat nou van die Biebertjie wat 'n draai kom maak het hier by ons.  Aarde, die meisies (en hul moeders !!!) val sommer flou net by die gedagte aan 'n blik op die seun.
Die gevoeltetjie wat ek gehad het, was vir Jon Bon Jovi. Ai, is die man nie oulik nie.  :angel12:
Maar ek sou nooit 'n vier uur lange staan kon gestaan het om te luister en te kyk.  Een uur sou doen.
Title: Re: Het jy koors gehad?
Post by: PM on May 11, 2013, 09:32:44 AM
Ek is oortuig daarvan dat dit koors was en steeds is.  Dit laat my dink aan toe ons kinders was en die meisies so mal gegaan het oor hul helde.  Man, dit was 'n aardigheid maar tog ook 'n fees. 
Title: Re: Het jy koors gehad?
Post by: Fransi on May 11, 2013, 09:44:13 AM
 :icon_biggrin:

Ek sal beslis koors hĂȘ as "Within Temptation" 'n draai kom maak in SA- sal selfs die ver pad Kaap of Johannesburg toe vir hulle aandurf, maar dit is vir hulle musiek.

Bon Jovi het beslis so 'n dekade of wat gelede 'n fladdering in my binneste veroorsaak.  :icon_biggrin:
Title: Re: Het jy koors gehad?
Post by: Ah Willa on May 15, 2013, 06:55:20 PM
nee wat - die mense wat my so koorsig maak, is hier in my huis en ek spandeer elke oomblik met hulle.  JanDink en Theo stof Biebertjie en al sy gelykes sommer ver uit!! 

'n Sanger wat dalk my knie lam laat voel is Josh Groban ... maar dis ook maar net dalk ...