Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Terry on May 10, 2013, 09:50:00 AM

Title: Swart renoster
Post by: Terry on May 10, 2013, 09:50:00 AM
Dit is verskriklik hartseer, die swart renoster is offisieel uitgesterf.

http://earthfirstnews.wordpress.com/2013/05/07/western-black-rhino-declared-extinct/
Title: Re: Swart renoster
Post by: Angelica on May 11, 2013, 05:15:56 AM
Dis 'n ramp.  Een wat ons kon verhoed.
En so sal ons nog heelwat species sien verdwyn in ons era.   :crybaby2:
Title: Re: Swart renoster
Post by: PM on May 11, 2013, 09:36:41 AM
Sulke goed laat my besef dat ek nie baie tussen die ore het nie, want ek kan dit net nie verstaan dat mense van 'n gejaag na geld, so wreed kan wees nie.  Dit is barbaars. 
Title: Re: Swart renoster
Post by: Ah Willa on May 15, 2013, 06:34:20 PM
Die mensdom is SIEK!!!  Ek was lank deel van OSCAP - maar dit maak my net so bloedig kwaad - so ek het liefs ontrek .. want my kwaad stop nie die moord nie, maar gaan dalk my eie een veroorsaak ...

eendag gaan ons kleinkinders ook ding Renosters is soos Dino's - was nooit regtig nie - die scientist maak dit net op!