Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Ah Willa on May 06, 2013, 09:27:38 AM
-
Hallo Almal
Ek behoort nou darem elke dag 'n kuier kansie te kry!!
Troue is verby ...
Theo in die skool
Andre besig om te code
Dexter oorlede - so net 4 van ons eie K9-kids en nog die 3 van die couple wat ons na kyk deur die dag - maar hulle gaan moontlik uit plaas toe ...
baie om in te haal en baie om te deel ...
maar laat ek draf na my huisie PM sit al met 'n kwepper lat gereed om my aan te help :love7:
-
julle ek is so agter met lees en kuier ek sal nooit inhaal nie,
so ek het maar alles as gelees gemerk en sal dan nou opvang soos wat die kuiertjies aangaan.
As ek iets moet lees - sit asb my aandag daarop.
Gedigte nou in myse huise ...
more sal ek net so halfuur tot 'n uur kan kom inloer - maar ek sal hier wees ...
gaste is nou weg - nou moet huisie weer omskep word vir die Truters - ek moet die een kammer omskep in 'n senoriese-gym vir Theo ...
sal later meer kom deel
en van die troue op 'n zero budget wat uitgedraai het soos 'n miljoen dollar troue en so aan en so aan
-
Dit is regtig erg om so baie ysters in die vuur te hĂȘ. Ek is bly die troue is verby en dat dit goed gaan met Theo in die skool.
Ons sal graag wil foto's sien van die troue Wils.
-
:toothy4:
-
Hallo :wave: Waar is almal.
:angel12:
-
Shuuuut! Hulle is hier iewers, ons speel wegkruipertjie. :icon_biggrin:
-
Hallo Trappies - ons moet tog mekaar vind vir 'n tee/koffie-date - jy tee en ek koffie ha ha
genade boek twee gaan weer launch - ons kan nie van launch tot launch kuier nie
PM ek sien jou - touch jy's aan ... vroteier - wag ek hardloop gou om die circle .... :walk:
-
:icon_biggrin: Ek het die aan al vir baie lank. Dit is nou jou beurt om bietjie te gaan soek waar die ouens wegkruip. :icon_biggrin:
-
:violent5: touch jy is aan PM :toothy4: :hello: :angel12:
-
Goed, ek soek na Trappies, sy was laas voor jou hier. :icon_biggrin:
-
Hallo :icon_biggrin:
:angel12:
-
Ah, het jou, jy is aan! :icon_biggrin: Gaan soek asseblief na WW. :icon_biggrin:
-
Ai julle - gaan my lewe nooit weer simple wees nie ...
so vier week terug was Theo in 'n gly-in-die-stort-ongeluk en 'n gat agter op die kop en 3 staples verder ... NOU IS ALLES DEURMEKAAR en is ons terug by NIKS SLAAP nie en ure rondry om hom rustig te kry ... dit was so 3 maande wat ons ampertjies deur geslaap het na 3 en 'n half jaar van NIKS slaap nie ...
ons moet ook huis verkoop ... trek en alles ...
so ek weet nie wanneer gaan tyd my genadig wees om net elke dag rustig dan kan kom inloer en kuier nie ...
WEET NET, DIS NIE OMDAT EK NIE WIL NIE, MAAR OMDAT EK NIE KAN NIE
en julle is ten spyte van die warboel, in my gedagtes
MIS JULLE ... ek kom loer weer in as tyd my toelaat
-
Sterkte met al die baie dinge.
-
Ai Willa... sterkte, girl.
Maar so gaan ons maar om die blok, ne?
Sommige van ons tot twee keer.
-
Flip Angelica - as dit maar by twee keer wou stop, so ek te dankbaar gewees het en dalk nog meer tande gehad het .....
maar mens wave en smile maar ... en dan kom daar 'n rustige oomblik en waardeer mens dit werklik opreg ... soos nou. :coffee2: in die hand en haal in op geselsies, al is ek vrot van die bronchitis en ons het Theo ook maar tuis gehou want die se borsie lol ook en as mens hom na die vakansie program stuur is al die kinders sommer nou-nou ook siek ... :snorting: