Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on May 05, 2013, 09:44:33 PM
-
Spesiaal vir Raaitjie en PM
dolksteek, brandpyn
vuurvlam, bloedrooi
dit is die dolsteek brandpyn woorde
wat tot bloedrooi vuurvlam sere lei
Die gedig is gebore uit 'n klomp woorde wat ek sommer so langs die pad uitgedink het. Iemand het dit 'n helse vers genoem. Lol.
dolksteek, brandpyn
vuurvlam, bloedrooi
woorde
uitlag, wegjaag,
kwaadmaak , seermaak,
doodmaak
-
:hello2: :icon_salut: :notworthy: Ek kannie wag dat Raaitjie terug kom nie! Sy sal dit ook nie glo nie!
Gawie en 'n gedigstruktuur? :icon_biggrin:
Pragtig Gawelientjie. Dit sal 'n ereplekkie kry in die boek, ek beloof. :love7:
-
PM, ek wonder of jy nie maar die hele gedig moet skrap nie. Sommer ook nie in die boek plaas nie. Skynbaar is dit 'n probleem.
-
Nee ek sal nie. Eers gegee en dan geneem is erger as steel! :icon_biggrin:
Nee, dit bly net hier. Ek lief dit.
-
Ja baas!! Hahahahaa! Nes jy begeer, baas!!
Gawie skryf nie digstukture nie, maar as sy doen, buig sy dit om haar te pas. Hoe's daai vir hardegat?
dolksteek, brandpyn
vuurvlam, bloedrooi
dit is die dolsteek brandpyn woorde
wat tot bloedrooi vuurvlam sere lei
uitlag, wegjaag,
seermaak, doodmaak
dis was toe jy my uitlag, wegjaag
dat jy my binnekant seermaak, doodmaak
-
Ek lief jou so sustertjie, harre0 en al. Dit is pragtig geskryf. Pasop net dat gedigstrukture jou nie byt nie, want dan sal jy jou woorde moet sluk. :icon_biggrin: :love7:
-
Ek lief, ek lief!! Hardegat Gawie jy is 'n sterretjie in my nag diekant van die aardbol vanaand. Weet jy wat - as jy 'n struktuur verbuig of aanpas om by jou styl te pas, is jy soos die pragtige nuwe blaartjies aan 'n struik wat aan die wereld verkondig dat dit leef en reik na die son met splinternuwe, kleurvolle uitlope wat glad nie lyk soos die ou blaartjies aan dieselfde boom nie. Sou ons daardie 'anderste' uitlope telkens afknip en weggooi - want dit lyk nie soos die ou blare nie - sal die boompie later kwyn en sterf.
-
Jy is so reg Raaitjie. Ek lief dit, al wou sy hĂȘ ek moes dit uithaal. Het geweet jy sal ook mal wees daaroor.
Daar is nog 'n takkie aan die boom. Dit is beter om iets te skryf as niks nie! :notworthy: