Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on May 26, 2011, 07:11:42 PM

Title: Skeursels vreugde
Post by: adele on May 26, 2011, 07:11:42 PM
Grasstingels wieg teen ons aan
en in die sagte ruising
fluister jou oë 'n
       verhaal
van rou verwagting.
Elke asemteug
word 'n woord
wat klop teenoor
       my hart
se sametrekkings en
ons verlange in
    kode uitspel.

Oor donswit grassade vlug
'n paar kiewiete se
       geskinder
sonder inhibisies
met my versugting
oor die vlakte heen,
tot waar
die rivierstroom in
   stukkies en
     brokkies oor
        vlak graniet,
           voortkrabbel
met skeursels
sonstraalvreugde.

 :grommit: