Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on May 03, 2013, 06:58:32 AM

Title: Waaroor die groot bohaai
Post by: PM on May 03, 2013, 06:58:32 AM
Die Gupta troue...  wat sĂȘ 'n mens?
Title: Re: Waaroor die groot bohaai
Post by: AB on May 03, 2013, 07:43:25 AM
ek skud maa rnet my kop en my mond val oop.
sommige mense so vreeeeeeslik baie geld kan spandeer op 'n troue en ander mense in hulle land ly honger.
dat geld maak dat jy dink jys beter as ander mense en jy wil nei op die regte lughawe land om te verhoed dat jy in lang rye staan en tussen die gepeupel beweeg in openbare plekke nie.

en wat nog als
Title: Re: Waaroor die groot bohaai
Post by: Naas on May 03, 2013, 07:56:21 AM
Leef en laat leef.
Dit is hoe ek daaroor voel. As dit hulle gelukkig maak... So be it!
Maar hoekom skelm wees om gelukkig te wees?



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Waaroor die groot bohaai
Post by: PM on May 03, 2013, 08:05:20 AM
Geld wat stom is maak reg wat krom is. 

Dit is ook nie wie jy ken nie, dit is wie jou ken.  "I have friends in places with friends in high places."   :icon_biggrin:
Title: Re: Waaroor die groot bohaai
Post by: Joe Daai Ou on May 03, 2013, 09:30:22 AM
Ek lees en hoor al die bohaai! Ek dink algar mis die punt! Hulle het nie onwettig geland op 'n vliegveld wat 'n nasionale sleutelpunt is of was nie, hulle het toestemming gehad synde reg of verkeerd.Wat die hele petalje egter bewys wat onomstootlik waar is, is die onbekwaamheid en onbeholpenheid van personeel wat direk daarmee gemoeid is. Is dit nie 'n skande dat ons sulke mense in diens het wat nie eens weet wat is reg of verkeerd nie! Nou wil almal vingers wys na ander en meantime is hulle deel van die gemors! Dink hulle die Guptas kan nie vir een vliegtuig landingregte op OR Tambo betaal nie? Hulle koop sommer die lughawe in sy totaliteit uit sou hulle wou. Hulle het ook nie met wapens en spioene gekom nie, nee dit was regerings amptenare en hoog geplaaste gaste vir hul dogter se troue! Sies Suid Afrika se regering om so onbekwaam op te tree, julle wat die kitaar slaan behoort van beter te weet!
Title: Re: Waaroor die groot bohaai
Post by: PM on May 03, 2013, 10:59:45 AM
Oom Robbert sal trots wees op hulle. 
Title: Re: Waaroor die groot bohaai
Post by: Trapsoetjie on May 03, 2013, 05:19:12 PM
Waaroor die groot bohaai?....... :dontknow: Sal nie weet nie..

Ek sou reken dit kan 'n komplot wees.  :evil6:   Hou mense besig met die "bohaai" terwyl ander erger dinge gou onder die mat in gevee word....

My liefie sou ook reken ek kyk te veel "mystery" tv en lees net moordstories..... :evil6:

So the plot thickens, and we are non the wiser.  :book1:

 :angel12: