Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on May 26, 2011, 01:31:18 PM

Title: Die maan se laaste dolosdans
Post by: Gawelina on May 26, 2011, 01:31:18 PM
die maan kom gooi sy dolosse
in ons liefdesgloed
newelstreel met sagte vingers
oor wilde lyfbegeertes

jou hart speel  tromslag in my oor
as maanlig dreunsangdans op leiklip vloer
jy druk my  teen jou bors
en muti wilskrag tot sugtend oorgawe

aandblom naglug, varsnat grond,
‘n laaste wierook dans
listig maanliglag  hy dan
oor  onvermyde ondergang
as  donker  werklikheid
stom oor my hart kom lê
Title: Re: Die maan se laaste dolosdans
Post by: PM on May 26, 2011, 01:39:04 PM
Wow!  Dit is mooi geskryf.  Dankie vir die deel Gawelientjie. :love7:
Title: Re: Die maan se laaste dolosdans
Post by: Angelica on May 26, 2011, 07:38:58 PM
En so ken ek vir Gawelina.. skrywer van die liefdesvers. Baie mooi.

 :angel8:
Title: Re: Die maan se laaste dolosdans
Post by: Louis on May 26, 2011, 07:52:02 PM
   pragvers hierdie gawelina       
Title: Re: Die maan se laaste dolosdans
Post by: PM on May 26, 2011, 09:10:21 PM
... en ek moet dit net gou be-aam voordat ek bed toe gaan!
Title: Re: Die maan se laaste dolosdans
Post by: Gawelina on May 27, 2011, 08:02:07 AM
Baie dankie. 
Title: Re: Die maan se laaste dolosdans
Post by: adele on May 27, 2011, 09:02:06 AM
baaaaie mooi

:grommit: