Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on May 01, 2013, 09:40:14 PM
-
365 Dae gelede…
..voel soos baie lank gelede. Voel ook soos gister. Mei 2, 2012 beheer nie meer my emosies. Die datum kondig maar net aan dat my een pad beeindig is, en ek ‘n nuwe pad loop. Fluit-fluit.
Dit was die dag waarop my lewe verander het soos handomkeer. Sonder enige waarskuwings. Of nee, die waarskuwings, die tekens was daar, maar ons het dit nie ‘gelees’ nie. Hoe sou ons dan weet dit is waarskuwings?
Dit was ‘n groot skok. Aanvanklik. Hoe beskryf jy dit as jou lewe, jou planne vir die toekoms, jou drome skielik afgebreek word tot op die grond? Jy dink, dankie tog ek het nie dit gedoen nie. Dankie tog ek het nie dat gedoen nie. Wat as ek dit wel gedoen het?
Om skielik, terwyl jy voel jy beweeg op ‘n golf,te hoor jy is een van die wat afgelê word, is soos yswater in die gesig wat afloop oor jou hart, oor jou lyf tot in jou skoene.
Tog moes ek voorgaan elke dag vir die volgende drie weke asof niks verander het. Niemand, nie eens die kliente moes weet. Dit terwyl jy min slaap, hard werk, en nog moet sin maak met wat besig is om te gebeur.
Die lewe loop sy eie pad. Jy moet dit net volg. Dapper. Met hoop. En geloof. Want as jy dit nie oor jouself gebring het, SAL God voorsien. Wees net rustig.
Ek het soms vroeg soggens hardop gesit en huil as ek deur die werksoek-blaaie op die internet gaan soek na ‘n nuwe toekoms. Want die vraag na ‘n blanke senior dame is min. Maar God het die perfekte werk op die perfekte tyd beskikbaar gestel. Vir my. Eksklusief.
En wanneer ek terugkyk op die 365 dae wat verby is, is ek eintlik dankbaar oor wat gebeur het. Want, selfs al is my salaris die helfte as voor die afgelope 365 dae, my werksbevrediging is dubbeld as voorheen.
++++
-
Ek is so bly dat jy nou werksbevrediging het. Dit is baie belangrik.
Ek het ook nou die dag gedink dat dit al 'n jaar gelede is wat ek ook afgelê is.
Aflegging gee 'n lelike duik in 'n mens se selfvertroue en baie bekommernis, maar soms is drastiese verandering nodig om jou te bring waar jy eintlik wil wees. 'n Omgewing waar jy kan groei en gelukkig voel.
Sover is my mikpunt nog nie onmiddellik in sig nie, maar die hoop beskaam nie en ek werk daaraan. :-)
Mag jy net al hoe meer gelukkig en tevrede by die nuwe werk wees.
-
Dit is wonderlik om julle so positief te sien.
Noudie dag het ek vir iemand gesê, ons sal sien wat die toekoms vir my inhou, toe sê sy vir my ek moet net beter beplan. Soms beplan jy tot jy pers is, maar dit help niks.
Mag jy ook vind waarna jy mik Fransi.
Aflegging het ook ons lewens drasties verander. Ons jongste en sy gesin moes noodgedwonge die land verlaat om hulle hoë kwalifikasies aan 'n ander land se ekonomie te wy. Hulle is nog baie bitter, maar dit sal met tyd regkom. Ek weet nie of ek my bitterheid onder die knie sal kry nie.
Ek is baie bly jy is weer gelukkig Els.
-
Dankie PM.
Ek is jammer dat julle ook daardeur geraak is en ek hoop dat jou jongste en sy gesin sal aanpas in die vreemde en 'n lewe vol geluk bou. Dit is nie lekker as jy met die kwalifikasies sit en dit op die ou end in 'n laai wegpak om van te vergeet nie. Ek hoop hulle kan nou hulle kundigheid ten volle gebruik en baie sterkte met die verlange.
-
Dankie Fransi. Gelukkig kan ons darem Skype. Dit is nou 'n 10 ure verskil in tyd in NZ. As ons "saans" het het hulle soggens die volgende dag en anders om.
-
Praat jy nou Angel. Ek is nou nog nie by 365 dae gelede.....nie.
Ek het ook nog nie die perfekte "job" gekry nie. Soms dink ek dis beter so ander dae - gewoonlik so aan die einde van 'n maand :dontknow: voel ek oi beter harder soek.
Ek dink net jy het dit so goed bewoord. Die dat ons na die tyd nog moet aangaan as of alles normaal is...met smiles en geen worries. :headbang: Ek se nog ek moet 'n oskar kry. Nie die een wat nou so in die nuus is nie, maar die beeldjie.
:angel12:
-
Myse skok het gekom so 5 maande terug. Ons het uitgespan vir die Desembervakansie en Januarie begin ek toe weer vol lus en krag. Na die eerste week hoor ek, ek moet iets kom teken.Kom daar en hoor dis 'n afleggingspakket.Kyk ek was omtrent omgetik met n veer! Nou om afgeleg te worre is niks, maar as die ouens wat jou afleg nog skelm ook is op die koop toe, dit is erg. Hulle het alles getry om my met die minste van niks te laat gaan na 8 jaar se uitstekende diens aan hulle. Dis nou Meimaand en my aflegging is nounog nie afgehandel nie. Ek kry al vir maande geen salaris nie, ek het geen uitbetaling ontvang nie en ek die galante Heer help hulle nou op hulle voete~ek verkoop alles onner hulle gatte uit!
-
Vir ons kinders was die emosionele impak die ergste. Ons kon sien wat dit aan hulle selfbeeld gedoen het. Dan daardie magtelose situasie van geen inkomste en 'n klomp finansiële pligte. Dit is baie erg en die ergste is dat 'n mens in 'n situasie sit waar jy nie regtig iets kan doen nie.
-
Ek't simpatie en voel saam met julle almal wat aflegging al gesmaak het.
Ek glo dat my behoud deur die ses maande van nie werk, was om kalm te bly en vir myself te se dat God in beheer is van my situasie.
Skelmstreke het 'n manier om sy stert te draai teen die wat hom misbruik.
My geliefkoosde gesegde: Gee genoeg tou en hy hang homself.
Hou moed julle almal. Hou net moed. Vertrou dat alles tot voordeel sal geskied. En glo dat dit wel sal gebeur. Nie wanneer JY dit wil sien gebeur, maar wanneer jou Maker dit vir jou perfek geformuleer het. Gaan dan in en wees dankbaar. :hello2:
-
Die mees ongelooflikste dinge gebeur met my. Skielik het ek n werk gekry, beter as wat ek gehad het en meer salaris ook. Ek begin oor so week of wat weer werk.Ja dis weer die yoyo speletjie, speel op en af tussen Johaansberg en Slaapstad!
-
Ons is baie dankbaar vir jou part Joe. Dit is goed dat daar goed uit die sleg gebore word. Dit is soos die slimkoppe sê, as jy nie die sleg ervaar het nie kan jy nie die goed waardeer nie. Net jammer vir al die trauma wat daarmee gepaard gaan.
Jy is reg Elle, hou moed!
-
Great, Joe. Ek's bly.
Ag wat is travel nou. Mos lekker.
-
Kan mens glo dat dit al 365 dae gelede is ... en intussen het die volmane verby gekom - die kettle droog gekook ... koekies in die was beland ...
maar hier kom nou nog 365 dae en net dalkies is daar koek en tee saam met jou.
Die op en die af van die laaste 4 jaar was vir my ook erg - maar nou gaan Theo al 4 weke skool in die oggend en dinge begin weer sin maak en tyd smile hier en daar weer vriendelik :-)
-
Joe in Kaapstad is daar baie meer as slaap ... die pas is al net so vinnig, indien nie vinniger as in die Goudstad nie ...
laat weet maar as jy hier aan kom - dan maak ons plan om ons tandelose smiles vir jou te wys en 'n koppie tee reg te trek ...
-
Ja Willa, die tyd vlieg.
Ek het weereens die afgelope paar weke besef hoe vinnig dit gebeur en met hoe min ons werklik kan klaarkom.
Daar moet 'n dryfkrag in jou wees. Nie brutaal nie. Net so 'n sagte wil-met-'n-smile gevoel en jy gly deur die dag. En voor jy weet is nog 'n week verby.
Elk geval, jy neem meer waar, neem meer in, ervaar meer vryheid as jy kalm is.
-
Jy is reg, bly kalm. Vertel my net hoe, ek wil al my speelgoed uit die kot uit gooi omdat my 5 slapies wat oor is om huistoe te gaan nog ses weke uitgebroei het. Eish!
-
PM ek vind dis goed om eers gou die speel goed uit die kot te gooi en lekker te gil as dit moet, en dan gryp mes die kalm see met albei hande aan en ry die woeste branders maak nie saak wat, met 'n smile en vrede in jou gemoed ...
ek het vanoggend so my toys gou uit die kot gegooi - want ons beplan ons tyd en dan kom voeter ander se moeilikheid dit verby ver om en dan is ons deurmekaar en agter met alles ... en was my vurk verbuig en windverwaaid ... na die gille voel ek skielik bloed jonk en vol energie ... en woep-wap draf ek deur alles wat die laaste twee weke agter geraak het en is ek nou so vervoor dat ek selfs more kan afvat ha ha ha :love7:
-
Gelukkig het die wiel gedraai. Die ses weke het nou nog net 7 slapies geword.
-
nou is dit net 6 slaapies :toothy4:
-
Die beste word altyd gehou vir laaste! 'n Maand gelede begin dinge net reg val vir my! Ek kry nuwe werk na maande by die huis, maar daar is 'n triek aan verbonde! Ek kan nie begin alvorens die man se trokke wat hy bestel het, nie gekom het nie. Die trokke is volgende week hier. Volgende week is dit weer 'n ander storie en so gaan dit aan. Moedeloos verby sit ek en wag soos 'n spinnekop op sy web. Skielik begin my telefoon lui en daar is dit 'n vrou wat my uitnooi vir 'n onderhoud met 'n buitelandse maatskappy by wie ek aansoek gedoen het maande gelede en waarvan ek al vergeet het. Ek gaan en wragtag daar kry ek die werk en kan dadelik begin. Ek begin met 'n gespesialiseerde kursus by hulle. Ek gaan nou ook deel hê in hierdie land van ons se onversadigde aptyd na krag. Ek is een van 4 wat hierdie baie groot Windmeulens wat krag opwek moet vanaf die skepe vervoer na die windplase waar hulle opgerig gaan word. Top JOB! Top vergoeding en Top werksomstandighede! My water is na Wyn verander en dit is nie enige wyn wat 5 fights op 'n bottel waarborg nie, nee dis Premier Select Reserve wyn die! Nou wonder ek, hoekom het ek so gepanic? Dis seker maar menswees daai! Onthou vriende en vriendinne, die beste word altyd gehou vir laaste! As die wyn opraak en die bruidegom verleë staan, dan vind daardie wonder plaas! Dan sluit die kelders van Bo oop en stel beskikbaar daardie Premier Select Reserve bottels! Oe my Aa, die lewe is mooi en lekker!
-
Praat jy Joe. ai ek is bly vir jou se part man. uiteindleik het die poeding vir jou ook gekom. mag jy top gelukkig en geseënd wees daar by die nuwe werk.
-
Jitte, dis wonderlike tye...
O, gelukkig is ons wat die patience het om te wag.. te WAG OP DIT WAT VIR ONS UITGESIT IS!!
'Skuus, maar ek is opgewonde as ek hierdie dinge hoor en sien.
Geduld om te wag op wat God vir ons wil gee op die regte tyd.
Joe Daai Ou, ek's bly daardie trokke se petrol het opgeraak en hulle het gaan staan voor hulle by jou kon aanmeld.