Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Ans Botha se plek => Topic started by: Ans Botha on May 01, 2013, 11:45:19 AM
-
My Seun
hoe verwese
het jy daar gestaan
met pyn deurdrenkte oë
haar aangestaar
jou liggaam
ineengetrek van skok
bewend van teleurstelling
haar aanskou
jou gesig
vertrek van pyn
met ongeloof
haar geminag
sou ek
jou graag teen my wou vasdruk
al die pyn en hartseer
myne maak
-
Pragtig Ans. Ek dink dit klink beter as 'n mens die twee "nie" in die eerste en laaste strofe uithaal, wat dink jy?
-
Dit klink beter so ja PM dit is reg so
-
ek het dit verander en ja dit klink beter.
-
Pynlik. Baie mooi beskryf.
-
Vol pyn en die behoefte om te help dra, geskryf. Baie mooi.
-
Dankie almal van julle xxxx
-
Baie diep, ek wens ook ek kan al my kinders se pyn op my neem, en hulle dit spaar.
-
Ek dink ons doen dit. Ons besef dit net nie.
-
Nie net ons kinders se hartseer nie, maar ook die van vriende en familie sal altyd ook ons hartseer wees. Dit is die omgee wat die lewe so kosbaar maak.