Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on April 29, 2013, 08:13:43 PM
-
Lyk my in die nie so ver toekoms, gaan ons die DA'Agang Style moet doen. Die tannies moet net hul dokumente mooi in harmonie bring.
(En ek het nog nie eens die Makarena (sien, alweer die spelling ding) onder die knie nie.)
-
Ek sal maar teen die muur sit en kyk. Wall flower. :icon_biggrin:
Jy mag maar vir my verduidelik wat dit is, want ek het nie die vaagste benul nie.
-
DA = Helen Zille
Agang - Dr Mamphela Ramphele - Nuwe politieke party wat gestig is / binnekort gestig word.
Die twee vurige dames gaan in gesprek tree. Hulle is al lank hegte vriendinne. Hopelik sal Agang in koalisie met DA en ander partye werk. Dit mag dalk net, en ons hoop baie sterk, die ANC verslaan in 2014.
-
Dankie vir die verduideliking. Ek sit net met my neus in die boek en kry weinig tyd vir iets anders.
Dit klink belowend. Het darem al die tannie so skrams op die TV gesien en dit klink of sy kan water dra. Hoop dit werk.
Dalk werk dit nou vir ons: Eendrag maak mag.