:bootyshake: PM het gevra dat ek hierdie kreatiewe skryfstyl ook by ons gedigstrukture kom uitstal.
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/SjampanjeOktaaf-1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/SjampanjeOktaaf-1.jpg.html)
'n Sjampanje Oktaaf word geskep deur 8 gesentreerde reëls, wat kreatief minder word om 'n glas voor te stel. Die laaste reël vorm die voetstuk en dien dan ook as
eenwoordtitel van jou oktaaf.
In hierdie struktuur weerspieël sinonieme sprankelend soos die borrels in vonkelwyn.
Reël 1 is die 'rand' van jou glas en lesers vorm hier 'n beeld van die toneel wat in die lewensglas afspeel. Die handeling/werkwoord wat hier gebruik word, word in reël 2 ook in sinonieme vorm herhaal.
Vryf/poets in my voorbeeld.
In reël 2 kom 'n uitdrukking voor, met 'n verduideliking/uiteensetting daarvan in reël 3. My uitdrukking was
poer-poer en die woordeboek gee dit aan as
onproduktief.
Reël 4 is 'n saamgestelde woord, weereens as sinoniem, vir die 'voetstukwoord' (reël 8) wat dan ook die titel van jou oktaaf vorm. Hier kan die skrywer kreatief skep aan eie samestellings.
Reëls 5, 6 en 7 vorm die 'steel' van jou glas. Ek wou graag die © teken gebruik as 'n stom bewys van die reg op ons besluite om te vergewe of nie.
Voorbeeld met woorde sonder beeld
Ons vryf oor die merke van onthou
soms al poer-poer blink gepoets,
weerspieël dit onproduktief
-verbitterdstom-
met
'n
©
-onvergewendsgesind-
Dankie Raaitjie. :love7:
Plesier en voorreg mater. Ek het dit geniet om die struktuur saam te stel en hopenlik sal daar eendag 'n paar sjampanje oktawe borrel tussen ander nuwe digvorme wat geskep word deur woordemmigrante :love7: :hello2:
Ons moet kyk na hierdie struktuur vir boek 3 Raaitjie. Die koffie-enetjie ook.
Sal hom merk. Ons moet begin kopkrap oor nuwes :icon_scratch:
nee wag eers! :nono: hier is nog te veel waaraan ons almal moet oefen :icon_biggrin:
:grommit:
Is reg matertjie. My plek geboek vir die oefen hoor, maar ons moet nuwes kry wat na boek drie toe ook moet gaan LOL. Dink hoeka ons moet bietjie kompetisie maak vir die ouens se eie structure :bootyshake:
julle planne werk altyd goed... daar hoef nie eers pryse te wees nie. ek is die skuldigste maar is tog so lief vir strukture. gaan regtig meer aandag hieraan moet gee.
hier op Ventersburg is al vir jare en jare 'n Leeskringvereniging wat nou begin swaar kry want die ou mensies verlaat die lewe ... maar so is ek verlede jaar gevra om oor 'gedigte' te gaan praat. en met 'n pak papiere in my hand, vlinders in my maag, onsekerheid oor wat om te se' en 'n broek wat gebewe het [wonder of ek dalk 'n romp aangehad het?] is ek toe biblioteek toe. ek het die praatjie begin met als wat ek op internet oor die bronstydperk en vroeer en later kon kry, slim geklink oor die eerste hebreeuse en griekse digters en dit deurgetrek na ons internetdigters, met baie voorbeelde van gedigte van ons eerste afrikaanse skrywers en ons klomp van vandag. die terugvoer was ongelooflik! ek is weke daarna nog voorgekeer deur vriende wat wens hulle was daar.
en nou!! ai, my maag pyn alweer ... moet ek einde Julie 'n praatjie gaan hou vir die Leeskring oor gedigte! so met die gewonder saam het my seunskind met die idee gekom ... Ma, vertel hulle van al die strukture wat julle skryf.
en nou is ek besig om 'n praatjie daaroor saam te stel .... :icon_study:
dink tog aan my. :love7:
:grommit:
Oe wonderlik matertjie!! Sommer trots op jou man :love7: :hello2: Sien die tikker verander my strukture sommer na die Ingelse weergawe. Eish! Jy moet groot seblief kom deel hoor!
Dit sal wonderlik wees as jy dit kom deel matertjie. Kyk in Rooiwyn Kaggelvuur & Vers, daar by die "voorwoord" van die gedigstrukture kan jy dalk iets kry wat help.
Kom deel dit met ons, groot asseblief.
Sterkte Adele, ek weet die een gaan ook uit die boonste rakke wees.
dankie julle ... goeie ondersteuningspan, wens net julle kon hier wees.
ek werk nou uit RK&V, gebruik dit as basis! [toon inni sand]
:grommit:
Wens regtig ek kon daar gewees het. Sal aan jou dink en ons almal sal saam met jou daar in die gees wees. :love7: