Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: adele on April 20, 2013, 06:27:53 AM

Title: my stortkrane baklei
Post by: adele on April 20, 2013, 06:27:53 AM
Heelweek nog het ek aan kouekraan  
die voordeel van die twyfel gegee   :icon_scratch:  
maar vanoggend beslis my kop geskud    :nono:
en aan warmkraan alle eer oorgedra   :toothy4:  

 :grommit:  
Title: Re: my stortkrane baklei
Post by: PM on April 20, 2013, 05:32:29 PM
Hahaa, jy het nog stortkrane, ons het net badkrane.   :icon_biggrin: 
Vandag het ek vir Hannes gesĂȘ, prakseer ek my eie stort.  Dit is 'n vreeslike gesukkel om in 'n bad te probeer staan en was. 
Koop vir ons 'n visdampomp, seg ek, dan plaas ons dit in die bad met water, druk 'n verlengingspyn teen die muur vas met "wondergom" en daar stort jy.  So gesĂȘ, so gesoek, daar is nie visdampompies in Ta-Ta-Land nie, of nog nie ontdek nie. 
Title: Re: my stortkrane baklei
Post by: Angelica on April 20, 2013, 06:34:58 PM
Lekker lag ek nou vir die visdam-pomp.
Oe, eh, eh... daai ves, hy's by die see.
Prakseer 'n stort onder die boom met 'n emmer en tou. 
Mmmmm...heerlik in die ooptes.
Title: Re: my stortkrane baklei
Post by: PM on April 20, 2013, 09:29:35 PM
Ek sou volhartig saamstem as dit somer was, maar hier is dit wetters koud en nat.  Dit is leeukoud sustertjie.  Die hoogliggende gebiede is toe gesneeu en my oumens lyf kry koud!  EK HET WARM WATER NODIG!

Title: Re: my stortkrane baklei
Post by: bloubefoeterd on April 26, 2013, 01:36:48 PM
As mens koud kry is bad maar die beste manier om warm te word.

Lang ouens soos ek weet uit dure ondervinding dat as jy stort in die winter vat die water so lank om by jou voete uit te kom dis yskoud teen die tyd wat die voete bereik.
Title: Re: my stortkrane baklei
Post by: PM on April 26, 2013, 08:00:58 PM
O hallie ha!  (Dankie Miss Piggy) 
Ek sou 'n lieflike warm bad uit my hart (of is dit uit my lyf) waardeer het, die probleem is om daar uit te kom,.  Die inkom is maklik, help my net uit asseblief!