stil waters
omring deur bome prag
op perke fluweel groen gras
in skadu geskimmel lĂȘ ons en teug
aan die praal wat ons omring
en ruil van mekaar n stukkie siel
in die heerlikheid van die wonderprag
raak ons toe ook maar stil
blare fluister wolksag in die wind
dis jou naam wat hulle noem!
luister fyn! luister nou!
sien jy my engel
selfs die wind is lief vir jou
Dis 'n pragtige prentjie. :angel8:
As die natuur 'n mens se siel gegaps het, is jy verewig daarin verlore, of is dit gevind?