Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Louis se plek => Topic started by: Louis on May 25, 2011, 07:54:43 PM

Title: weerkaatsing
Post by: Louis on May 25, 2011, 07:54:43 PM
pers, geel, wit, blou, oranje, rooi en silver grou
flou swart water met rustige brander
wat sagkens breek op Soverby se strand
horison intens met kleure gepak
agterna gelaat toe die son sak

brander breek met luide doefffffff
sleep agterna die skuimwater saam
al dansend oor die sand
skuim vorm  patrone soos delikate kant
en die horison  weerkaats daarin

die lug is stil
net die druis van die branders
alleen staan n hengelaar en wag vir n vis
om hom
hierdie asemrowende gesig
Title: Re: weerkaatsing
Post by: Angelica on May 26, 2011, 04:52:48 AM
Wat gaan in die gedagtes om van 'n hengelaar wat so staan en wag vir die vis? Ek dink aan die skilderye van die ou meesters en hoe hulle met kleure op 'n palet gemeng, skilderye geskep het wat nou nog bestaan. Honderde jare later. So is die natuur. 'n Groot skildery.
Title: Re: weerkaatsing
Post by: adele on June 17, 2011, 08:35:30 AM
kan nooit genoeg kry van watertonele nie, mooi geskryf.

 :grommit:
Title: Re: weerkaatsing
Post by: PM on June 17, 2011, 11:19:04 AM
"soos delikate kant"  Pragtig beskryf!  Ek wens ek kon so mooi beskrywend vertel!  Kry net nooit die regte woorde nie!

Dankie Louis,  dit is baie mooi.