Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on May 25, 2011, 12:48:11 PM

Title: Alleen gedagtes
Post by: Gawelina on May 25, 2011, 12:48:11 PM
vandat jy my gedagtes geskaak het
dwaal hulle verlore in jou klowe
soek jou in elke fluistering,
elke mooi sonsondergang,
elke sagte blareritseling.

wanneer hul dan seervoet
en pynverlang  my hart inneem
en opstandig beur aan noodlotsteuels
laat ek hul gelate bokspring
en vry oor jou berg baljaar

dis dan my lief, dat jy
vir my by die hek inwag
en niks  meer saak kan maak,
dis dan wat ek jou stem kan hoor 
en trane net van vreugde is.
dis dan wat verlange draaglik is
tot my oë oopgaan en ek
alleen fetus in my hoekie sit.
Title: Re: Alleen gedagtes
Post by: Naas on May 25, 2011, 01:15:54 PM
Partykeer lees ek iets en dan wens ek net dat ek naby genoeg was vir 'n drukkie.

Pragtig. Bitter mooi verwoord. Dankie vir die deel.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Alleen gedagtes
Post by: Gawelina on May 25, 2011, 02:20:27 PM
Dankie Naas. 'n Drukkie sou dan waarskynlik die regte medisyne gewees het.
Title: Re: Alleen gedagtes
Post by: PM on May 25, 2011, 02:28:13 PM
Ek sien hier kom nog een vir die boek.  Daardie "gekeurde gedigte" van my werk nie so lekker nie.  Alles is dan sooooo mooi!  Dit is 'n onreg om nie alles daar in te sit nie. 

Lientjie,  dit is werklik velkriewelend geskryf. 

My vel maak nes 'n perd s'n wat oorval is van vlieë!   :icon_biggrin:
Title: Re: Alleen gedagtes
Post by: Naas on May 25, 2011, 03:27:10 PM
Haai sies PM. Hoe kan jy se dat Gawie 'n vlieg in die perdesalf is.  :glasses11:




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Alleen gedagtes
Post by: PM on May 25, 2011, 04:10:30 PM
 :sign10:  Waaaa!!!!!  Ek lees noudiedag 'n ding wat s♥  haai,  hier spring 'n hartjie uit vir Gawie!  wat sê dat sesjariges lag gemiddeld 300 keer per dag en grootmense net 100 keer.  Toe dag ek,  jaaa jaaa,  maar ek het dit beleef hier op die forum.  Sit heeldag met 'n grin op my bakkies!   :icon_biggrin:

My hart klop warm en my vel spring rond! 
Title: Re: Alleen gedagtes
Post by: adele on May 25, 2011, 06:48:24 PM
vandat jy my gedagtes geskaak het
dwaal hulle verlore in jou klowe
......

dit is een van jou mooier as mooi werke, ek leef my in tot in daardie alleenskeur skuins in 'n rots in.

 :grommit:
Title: Re: Alleen gedagtes
Post by: Angelica on May 26, 2011, 04:45:34 AM
Hi Gaafs... Aanvanklik dink ek: donker. Maar toe ek verder lees begin my gemoed ook sommer oplig toe vrye teuls gegee word aan daardie gedagtes aan 'n geliefde. En waarom nie? As dit ons ligter stem dan kan ons mos maar dink. Dit is 'n baie goeie stuk werk van jou.
Title: Re: Alleen gedagtes
Post by: PM on May 26, 2011, 08:39:19 AM
PM vra nederig om verskoning omdat sy per ongeluk Gawelina se knoppie gedruk het toe sy ander goggas van die forum afgegooi het.  Nou is jou naampie in swart op plekke en sodra ek die oom wat alles weet in die hande kan kry sal ek hom vra of ons iets daaraan kan doen.  Jammer matertjie!   :love7: